Poppekas is een van daai wonderlike maniere om kinders, klein en groot, te bereik. Al weet die ou kleintjies dis nie REGTIG die poppe wat praat nie, hang hulle aan elke woorde wat die poppe ‘sê’ en is altyd teleurgesteld wanneer dit klaar is.
Hier by ons geniet die groter kinders dit net soveel, want ons gebruik, soos meeste ander, die pragtige groot ‘bekkie-poppe’, wat groot en helderkleurig is, met ‘n ‘script’ wat ‘witty’ en snaaks is, maar tog reguit en skerp sny.
Ons span is weer besig om vir ‘n poppekas voor te berei as deel van hierdie kwartaal se Kinderdiens, en ons deel graag ons ‘script’ met julle. Ons deel dit in WORD formaat sodat julle dit kan verander soos dit julle pas.
POPPEKAS KAPERJOLLE: Vriendskap
Hierdie poppekas gebruik die vrug van die Gees vriendelikheid is vertrekpunt, met Neelsie, wat nie lekker verstaan wat vriendelikheid is en hoe dit eintlik werk nie. Hy het ‘n meisie ‘n soen op die wang gegee omdat hy gedink het, dis wat vriendelikheid beteken, en toe klap sy hom.
Neelsie en Lolla gaan dan na Ouma en Oupa wat vir hulle verduidelik wat vriendelikheid is, en hoe om ‘n goeie vriend te wees. Die verhaal van die vriende wat hulle verlamde vriend deur die dak laat sak het sodat Jesus hom kon genees word dan vir die twee vertel om vriendskap aan hulle te verduidelik. Daarna vertel Ouma en Oupa vir hulle dat Jesus Sy lewe vir ons aan die kruis gegee het, en dat Hy graag ons beste vriend wil wees.
Frikkie probeer dan ‘n “Vriend masjien” bou. Hy gooi al die bestandele wat hy van ‘n vriend wil hê in die masjien, maar dit breek natuurlik toe hy dit aanskakel. So kom Neelsie en Lolla dan tot die gevolgtrekking dat hierdie bestandele van ‘n beste vriend net by Jesus gevind kan word!
Laai die dokument hieronder in WORD formaat af:
POPPEKAS KAPERJOLLE – Vriendskap
Hier is ‘n paar sekonde videoclip van die poppekas: