Familie Funaand: Noot vir noot

Noot vir noot

By Algoa Gemeenskapskerk hou ons elke kwartaal ‘n saamkuier geleentheid in die gemeente. Ons het 2018 afgeskop met ‘n ‘Pik-en-Proe’ en ‘Noot-vir-noot’ aand.

As jy nie weet wat ‘Pik-en-Proe’ is nie, mis jy regtig iets by lekker. Elke gesin wat kom bring hulle gunsteling gereg of nagereg saam. Al die kos word op ‘n tafel gepak en dan word daar met eetlepels geskep sodat jy iets van alles kan proe en nie net ‘n groot bak van een iets inskep nie, vandaar die naam: ‘Pik-en-Proe’!!

Ons het saam met dit Noot-vir-Noot gespeel om die gemeente lekker te laat ‘bond’ en sodat almal nie loop wanneer hulle klaar geëet het nie.

Vir die Noot-vir-noot het ons op bietjie ouer musiek gefokus, asook op die kleiner kinders, omdat die tieners nie graag saamkom na die gemeente kuier-aande nie.

Ons het al die musiek van YouTube afgelaai wat ons gebruik het. Hieronder sal julle die ‘playlist’ daarvan kry wat julle dan kan gebruik indien julle dieselfde wil doen.

Noot-vir-Noot

Ons het noot-vir-noot in die saal gespeel waar ons ook geëet het. Almal het om tafels gesit, wat dan outomaties jou ‘span’ vir noot-vir-noot was. Dit was baie informeel gewees, met geen puntetelings nie, maar elke ‘span’ het ‘n beurt gekry om deel te neem.

SPELETJIE 1: Ysbreker: Hier by ons is ysbreker GROOT op die agenda omdat ons altyd wonderlike resultate kry wanneer ons dit gebruik. Ons het die aand begin met ‘n lekker Bybelse Brainteaser.

SPELETJIE 2: Herken die wysie: By speletjie 2 het ons ‘n liedjie gespeel en die spanne moes raai watter fliek of TV program se kenwysie dit is.

SPELETJIE 3: Teken die titel: Ons het nie tafeldoeke op die tafels gehad nie, maar ongedrukte koerantpapier waarop die spanne kon teken. By hierdie speletjie moes hulle raai wat die titel van die liedjie is en dit dan probeer teken. Al die spanne het gelyk deelgeneem en ons het deurgeloop en gekyk of dit reg is en hoe oulik hulle dit geteken het.

SPELETJIE 4: Prent assossiasie: Vir hierdie speletjie het ons van die kerk se Praise and Worship liedjies gebruik. Ons het ‘n PowerPoint gemaak waar ons die prentjie wat vir ‘n liedjie se ‘slide’ gebruik word wys. Die span moes dan raai watter liedjie se prentjie dit is, daarna het die volgende spanne kans gekry om ‘n vraag of twee oor die liedjie te antwoord.

SPELETJIE 5: Gee ‘n liedjie: By hierdie speletjie het ons weer ‘n PowerPoint gemaak met ‘n klomp woorde op. Elke groep het ‘n beurt gekry om te kyk hoe vinnig hulle aan ‘n liedjie kan dink met die woord op die PPT êrens in ‘n liedjie of die titel. Vir ‘n ekstra ‘twist’ kan die groep gevra word om die reëltjie te sing.

Laai die dokumente hieronder af:

Familie Funaand – Pik-en-Proe Noot-vir-Noot aand

1. Speletjie 1 – Bybel Brainteaser PPT

3. Speletjie 3 – PPT

4. Speletjie 4 – PPT

5. Speletjie 5 – PPT

Hier is die playlist van die musiek wat ons vir Speletjie 2 gebruik het:

Hier is die playlist van die musiek wat ons vir Speletjie 3 gebruik het:

 

Hier is die skakel na ‘n online-converter wat baie goed werk en betroubaar is:

https://y2mate.com/youtube/MtTjgmlUtps

Volg die skakel hieronder vir al ons ander Funaande:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s