In die gehaas van elke dag se gejaag vergeet ons partykeer dat die wondelike vrywilligers wat Kinderkerk, Sondagskool en Jeug help aanbied mense is wat lief is vir kinders, maar ondersteuning nodig het om dit te kan doen.
Om hulle te bemagtig met inligting is een van die beste maniere om hulle te ondersteun. Tydens hierdie jaar se Jeugleier Opleiding het een van die vrywilligers na die tyd baie opgewonde na ons gekom en gesê dat hy nooit weer dieselfde oor kinders sal kan dink na al die inligting van die opleiding nie. Hy het daar uitgestap met die gevoel van bemagtig wees vir die groot en wonderlike werk wat hy elke week doen. En DIT is wat ons graag wil bereik na ons opleiding sessies.
Jeugleier Opleiding:
Ons het hierdie jaar gefokus op “Verstaan die kinders waarmee jy werk” en temas soos “ADHD”; Verlies en depressie behandel.
Ysbreker:
Ons het op elke leier se stoel ‘n “Jy is… spesiaal, awesome, amazing” ens. kaartjie gesit en dit as aanknopingspunt vir die opleiding gebruik.
Ons het die vraag gevra: Hoe het jy gevoel toe jy jou spesiale boodskap lees?
Antwoord: Spesiaal en asof iemand omgee, en DIS wat ons ook graag vir ons kinders wil hê. Daar is egter baie van hulle wat op maniere optree wat jy nie verstaan nie, en dan hanteer jy die kind op ‘n manier wat hulle NIE laat voel asof jy omgee en hulle spesiaal is nie.
Inhoud:
Ons probeer altyd om ons sessies kort te hou sodat ons nie ons vrywilligers met te veel inligting oorlaai en dan in die proses heeltemal verloor nie.
Hieronder is al die inligting wat ons gebruik het, die inligting wat nie deel is van die Jeugleiers Opleiding dokument nie, het ons vir die leiers ge-pos sodat hulle self daardeur kon werk.
Vind meeste van die inligting in die dokumente hierbo, kan by die volgende skakel gevind word:
Hierdie is die Video Clips wat ons tydens die opleiding gebruik het:
Volg die skakel hieronder na nog Leier Toerusting Hulpbronne:
[…] Jeugleier Opleiding […]
LikeLike