Kinderkerk Les: 6. Vrugte van die Gees – Getrouheid en Nederigheid

Vrugte vd Gees - getrouheid en nederigheid 3

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Vrugte van die Gees – Getrouheid en Nederigheid

Hierdie is die sesde en laaste les in ons reeks oor die Vrugte van die Gees.

Die vrug Getrouheid begin met ‘n hindernisbaan wat gebou word, van die kinders word geblinddoek en ander nie. Die wat nie geblinddoek word nie, staan langs die kant en moet die ander help om deur die hindernisbaan te kom sonder om seer te kry. Die verhaal van Noag wat die ark gebou het word as voorbeeld uit die Bybel gebruik om die vrug Getrouheid te verduidelik. Noag was getrou aan dit wat God hom gevra het om te doen, al het hy nie alles verstaan nie.

Vir die vrug van Nederigheid word ‘n oulike illustrasie met water, spons en ‘n klip gedoen, en die verhaal waar Jesus die dissipels se voete was word gebruik om dit verder aan die kinders te verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Getrouheid en Nederigheid

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/

Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s