Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
Bybvelvers Woord Speletjie:
As jy hou van woord-speletjies, dan is hierdie speletjie net vir jou. Daar is elke keer twee prentjies en jy moet die konnektasie maak met ‘n Bybelversie. Eers gee jy net die ‘opsomming’ van die versie, daarna kry jy die Bybelversie wat jy dan moet gaan oplees.
Hierdie is ‘n lekker manier om jou kinders te help om die Bybel en versies in die besonder te leer ken. Hierdie speletjie is beskikbaar in WORD en PPT formaat.
Ysbreker:
Soos altyd hou ons van ‘n ysbreker voor die tyd om die ‘litte’ bietjie los te maak. Hierdie ysbreker is ideaal vir hierdie speletjie:
Bybelvers uitdaging: Mattheus 10:32 – Elkeen dan wat My bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
Gee vir elke groep kans om te kyk of hulle die vers redelik goed kan memoriseer.
Elke groep gaan nou een van die volgende “challenges” trek en moet die vers dan vir die res van die groep kom opsê volgens wat hulle “challenge” is.
Challenges:
- In fast forward terwyl hulle op een plek draf;
- Fluister terwyl hulle “tiptoe”
- In “slow motion” terwyl hulle in “slow motion” draf;
- Marsjeer soos soldate;
- In ‘n normale stem terwyl hulle agteruit loop.
Hier is ‘n voorbeeld van een van die ‘slides’:
Laai die dokumente hieronder af:
Bybelvers Woord speletjie WORD
Bybelvers Woord speletjie – Antwoorde WORD
Bybel Speletjies – Bybelvers Woordspeletjie PPT
Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
[…] Bybel Speletjies: Bybelvers Woord Speletjie […]
LikeLike