AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Daniël in die leeukuil
Hierdie les gaan oor Daniël in die leeukuil, en hoe hy daar beland het. Ons kyk na wat hy gedoen het toe dinge baie moeilik vir hom was, en dat hy steeds besluit het om God se pad te stap. Ons leer hoe God vir Daniël gehelp het.
Dis ‘n interaktiewe les wat begin met ‘n ysbreker oor paaie, en eindig met ‘n speletjie wat die kinders moet herinner, om aan God vas te hou wanneer dinge moeilik raak. Die kinders neem deel aan die verhaal van Daniël soos dit gelees word.
Laai die les hieronder af in PDF formaat:
5. KINDERKERK LES – Daniël in die leeukuil
Volg die skakel hieronder na die ander Kinderkerk lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na die Sondagskool lesse in die mini-reeks: Leef soos Daniël:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/leef-soos-daniel-sondagskool/