Ons het verlede jaar die verhaal van Jesus se geboorte uit Matteus en Lukas gevat en dit as ‘n aaneenlopende storie geskryf. Hierdie jaar gebruik ons weer die verhaal van Jesus se geboorte, maar hierdie keer as ‘n matching game.
Dis ‘n heerlike aktiwiteit om met jou eie kinders as deel van huisgodsdiens te doen, of by die Kinderkerk en Sondagskool. Ons het die prentjies by “the crafty classroom” geleen, en na Afrikaans vertaal.
Daarna het ons ‘n stappie verder gegaan, en teksverse bygesit. Die prentjies met die volgorde van gebeure is ideaal vir Kinderkerk, en die teksvers dele vir Sondagskool. Dis selfs ‘n lekker speletjie om tydens ‘n volwasse selgroep te speel.
Knip die prentjies en die teksverse uit, en sit dit in die regte volgorde op die ‘volgorde-bord’.
Laai die speletjie hieronder in WORD formaat af:
Laai die verhaal van Jesus se geboorte hieronder in PDF formaat af:
1. Die verhaal van Jesus se geboorte
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne: