Poppekas: Dankbaarheid

dankbaarheid

Hierdie poppekas is deel van ons Sondagskool prysuitdeling wat ons as deel van die erediens gebruik. Hier is ‘n kort opsomming van elke bedryf.

POPPEKAS KAPPERJOLLE: Dankbaarheid

Eerste bedryf : Ons word herinner aan hoe lief God ons het, en die poppe bind ‘n rooi ballon aan hulle arms vas. Die rooi is vir Jesus se liefde, en die toutjie help ons om dit nooit te vergeet nie.

Tweede bedryf: Een van die poppe kom met ‘n palmtak op die verhoog, en daar word aan hom verduidelik dat jy nie palmtakke nodig het om God te loof en prys nie. Jy kan dit op enige plek en enige tyd doen.

Derde bedryf: In hierdie bedryf vertel ouma vir die kinders die verhaal van die 10 melaatses, en dat net een teruggekom het om dankie te sê, en dat ons vir Jesus moet dankie sê vir wat Hy vir ons doen, en vir wat ons het.

Vierde bedryf: In die laaste bedryf gesels ons oor ons liggies laat skyn vir Jesus, en dan word al ons leiers opgeroep om vir hulle dankie te sê vir wat hulle vir die kinders doen, en dat hulle hul liggies so laat skyn.

Laai die poppekas hieronder in WORD formaat af:

POPPEKAS KAPERJOLLE – Dankbaarheid

Volg die skakel hieronder na ons ander poppekas stories.

https://algoagemeenskapskerk.com/category/poppekas/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s