Ons het hierdie kwartaal wat verby is met ons kinders nogal redelik stilgestaan by die Name van Jesus. Dit was dus wonderlik om vanmiddag hierdie post van DinkJeug op ons Facebook page te sien, en ons deel dit graag met julle.
Adventreeks vir Gesinne
Hier is ‘n adventsreeks vir gesinne oor die name van Jesus volgens Jesaja 9:5. Daar is 5 kort Bybelstudies wat gesinne saam hierdie vakansie kan doen wat elk telkens ‘n teksgedeelte, aktiwiteit, gespreksvrae en gebedswenk bevat. Dit is saamgestel deur twee predikante uit buurgemeentes in Wellington, Lettie Büchner en Annelet Slazus. Die formaat is van só aard dat dit maklik deur gemeentes gedruk en as ‘n pakket uitgedeel kan word.
Die temas is as volg:
- Name het betekenis (Jesaja 9:5)
- Wonderbare Raadsman (Johannes 3:1-21)
- Magtige God (Johannes 6:1-15)
- Ewige Vader (Lukas 18:15-17
- Vredevors (Lukas 19:1-10)
Volg die skakel hieronder na die post op DinkJeug se webtuiste:
Volg die skakel hieronder om dit in PDF formaat af te laai:
Click to access Kersfees_Kosblik-binne_2018.pdf
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kersfees/