Kinderkerk Lesreeks: Vrugte van die Gees

Vrugte vd Gees - lesreeks 2

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Lesreeks: Vrugte van die Gees

Hierdie is ‘n reeks oor die Vrugte van die Gees vir die Kinderkerk. Ons het ook ‘n reeks vir die Senior Sondagskool beskikbaar.

Hierdie reeks bestaan uit die volgende lesse:

  1. Vrugte van die Gees Funaand
  2. Liefde
  3. Vreugde en Vrede
  4. Geduld en Selfbeheersing
  5. Vriendelikheid en Goedhartigheid
  6. Getrouheid en Nederigheid
  7. Vrugte van die Gees Gebedsaand

1. KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees FUNAAND

Ons doen hierdie kwartaal die Vrugte van die Gees met ons kinders by EPIC Jeug – die Seniors sowel as die Kleinspan (Kinderkerk).

Hierdie is die eerste les wat ons met hulle gedoen het in die vorm van ‘n Funaand om die tema en die verskillende konsepte aan hulle bekend te stel.

Alles word in die vorm van speletjies met hulle gedoen, sodat hulle dit beter kan verstaan.

KINDERKERK LES – Vrugte van die Gees Funaand

2. KINDERKERK LES: Liefde

Hierdie is ‘n baie praktiese les wat help om die moeilike begrip van ‘liefde vir jou vyande’ op ‘n eenvoudige manier aan die kleintjies te verduidelik.

Die eerste demonstrasie gebruik marshmallows en suurwurms om die liefde wat ons vir mense om ons het, wat lief is vir ons, aan hulle te verduidelik.

Die tweede demonstrasie gebruik water en ‘n spons om die ‘liefde vir jou vyande’ te demonstreer en dat dit nie moontlik is, tensy die Heilige Gees ons daarmee help nie.

KINDERKERK LES – Vrugte van die Gees – Liefde

3. KINDERKERK LES: Vreugde en Vrede

In hierdie les probeer ons aan die kinders verduidelik dat Vreugde en Vrede nie emosies is wat van jou fisiese omstandighede afhanklik is nie, maar dat dit iets is wat die Heilige Gees vir jou kom gee, ten spyte van moeilike omstandighede.

Ons het drie illustrasies wat help om die Vrugte – Vreugde en Vrede aan die kleintjies te verduidelik. Daarna word die verhaal van Paulus en Silas in die tronk vertel, terwyl die kinders op ‘n baie praktiese manier daarvan deelword.

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Vreugde en Vrede

4. KINDERKERK LES: Geduld en Selfbeheersing

In hierdie les maak ons weereens van speletjies gebruik om die verskillende Vrugte aan die kinders te verduidelik.

Tydens die eerste speletjie moet die kinders ‘n robot inkleur, maar daar is net een van elke kleur gem, die kinders moet dus geduldig wag vir die maatjie om klaar te maak voordat hulle ook ‘n beurt kry. Die verhaal van Abraham wat vir Isak moes wag word gebruik om geduld vanuit die Bybel aan die kinders te verduidelik.

Tydens die speletjie wat Selfbeheersing aan die kinders verduidelik, word bubbels en ‘n waaier gebruik, daar is baie bubbels, maar die kinders moet doodstil sit en nie die bubbels vang of vir dit koes nie. Selfbeheersing is om beheer oor jou eie gedrag te hê en “Nee” te sê vir versoekings. Jesus se versoeking op die berg word gebruik om Selfbeheersing vanuit die Bybel aan die kinders te verduidelik.

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Geduld en Selfbeheersing

5. KINDERKERK LES: Vriendelikheid en Goedhartigheid

Hierdie twee vrugte is baie dieselfde en daarom doen ons hulle saam. Die kleintjies speel die ‘rugsak-speletjie’ om aan hulle te verduidelik dat ons mekaar moet help, al kry ons niks daaruit nie.

Daarna teken hulle ‘n prentjie van ‘n tyd toe iemand vriendelikheid en goedhartigheid aan hulle bewys het. Die pragtige verhaal van die Barmhartige Samaritaan word dan op ‘n baie treffende wyse deur middel van ‘n lemoen en piesangs gedemonstreer.

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid

6. KINDERKERK LES: Getrouheid en Nederigheid

Die vrug Getrouheid begin met ‘n hindernisbaan wat gebou word, van die kinders word geblinddoek en ander nie. Die wat nie geblinddoek word nie, staan langs die kant en moet die ander help om deur die hindernisbaan te kom sonder om seer te kry. Die verhaal van Noag wat die ark gebou het word as voorbeeld uit die Bybel gebruik om die vrug Getrouheid te verduidelik. Noag was getrou aan dit wat God hom gevra het om te doen, al het hy nie alles verstaan nie.

Vir die vrug van Nederigheid word ‘n oulike illustrasie met water, spons en ‘n klip gedoen, en die verhaal waar Jesus die dissipels se voete was word gebruik om dit verder aan die kinders te verduidelik.

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees – Getrouheid en Nederigheid

7. KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees GEBEDSAAND

Soos ons met die reeks oor die Vrugte van die Gees besig is, kom ons al meer onder die indruk dat die Vrugte van die Gees niks met menslike emosies of karakter eienskappe te doen het nie, maar ALLES met die Heilige Gees.

As ons nie hierdie Vrugte van die Heilige Gees afbid nie, gaan ons dit nooit in ons lewens kan sien werk nie. Hierdie gebedsgeleensheid vorm deel van die reeks waar ons die Heilige Gees vra ons te help om elke Vrug van die Gees in ons lewens te dra:

KINDERKERK LES – Vrugte vd Gees Gebedsaand

Liefde – hartjies WORD

Vrede – Duif WORD

Vriendelikheid en Goedhartigheid – Mannetjie WORD

Volg die skakel hieronder na die Sondagskool Lesreeks oor die Vrugte van die Gees:

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/12/17/sondagskool-lesreeks-vrugte-van-die-gees-snr/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s