AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse
Lesreeks: Vrugte van die Gees – Seniors
Hierdie is ‘n reeks oor die Vrugte van die Gees vir die Senior Sondagskool. Ons het ook ‘n reeks vir die Kinderkerk beskikbaar.
Hierdie reeks bestaan uit die volgende lesse:
- Inleiding: Vrugte van die Gees
- Vrugte van die Gees Funaand
- Liefde
- Vreugde en Vrede
- Geduld en Selfbeheersing
- Vriendelikheid en Goedhartigheid
- Getrouheid en Nederigheid
- Vrugte van die Gees Gebedsaand
1. SONDAGSKOOL LES: Vrugte van die Gees INLEIDING
Hierdie is ‘n inleidende les oor die Vrugte van die Gees. Ons gesels eers oor bome en vrugte dra en dat bome aan hulle vrugte geken word. Ons vrugte moes dus anders as die van die wêreld wees, sodat mense kan weet ons behoort aan Jesus.
Hierdie les het ook die gewilde ‘matching game’ om die kinders aan die verskillende vrugte ‘bekend te stel’, en dan gesels hulle bietjie oor wat elke vrug beteken en hoe dit prakties in ons alledaagse lewe sal lyk.
Ons het die ‘matching game’ in word formaat gehou as jy dalk daaraan wil verander volgens jou behoeftes.
JEUGLES – Inleiding – Vrugte van die Gees
Vrugte vd Gees – Matching Game
Vrugte van die Gees Matching Game – Woorde
Vrugte vd Gees – Matching Game – antwoorde
2. SONDAGSKOOL LES: Vrugte van die Gees FUNAAND
Hierdie kwartaal se tema by EPIC Jeug is die Vrugte van die Gees. Dit werk vir ons baie goed om ‘n nuwe tema aan die kinders bekend te stel in die vorm van ‘n Funaand.
Vir elke vrug gee ons ‘n definisie van die vrug, heg ‘n Bybeldeel daaraan en speel dan ‘n speletjie om dit beter te verduidelik.
JEUG FUNAAND – Vrugte van die Gees
Funaand – Vrugte van die Gees PPT
3. SONDAGSKOOL LES: Liefde
As ysbreker het ons ‘n Engelse maze gevat en na Afrikaans vertaal, waarin Matt 22:37 versteek is. Die kinders moet nie net die teksvers kry nie, maar ook die maze voltooi.
Daarna kyk hulle na ‘n baie treffende video clip om die konsep van selflose liefde aan hulle te verduidelik. Die soort liefde wat in Gal 5:22 staan is die selflose liefde waarvan 1 Kor 13 praat. Die res van die tyd gesels die kinders dan in hulle groepe oor wat hierdie soort selflose liefde dan vir ons beteken en van ons vra.
Hier is die Video Clip wat ons gebruik het om selflose liefde aan die kinders te demonstreer:
JEUGLES – Vrugte van die Gees – LIEFDE
4. SONDAGSKOOL LES: Vreugde en Vrede
Ons begin die les met “happy face musical chairs” en verduidelik aan die kinders dat die Vrug van die Gees – Vreugde en Vrede van die Heilige Gees af kom, en dat dit nie ‘n menslike emosie is wat van besittings en omstandighede afhanklik is nie.
Die pragtige gelykenis van die verlore seun soos gevind in Luk 15:11-31, word gebruik om die Vrug van Vreugde aan die kinders te verduidelik.
Daarna word Filippense 4:6-7 saam met die koeldrankblikke illustrasie gebruik om die Vrug van Vrede aan die kinders te verduidelik.
Hier is die Video Clip wat ons tydens hierdie les gebruik het:
JEUGLES – Vrugte van die Gees – Vreugde en Vrede
5. SONDAGSKOOL LES: Geduld en Selfbeheersing
Hierdie les verloop so bietjie anders as die vorige lesse oor die Vrugte van die Gees. Die hele les sentreer rondom die ysbreker waarvoor ons die kinders 30 minute tyd gee.
Ons gee vir elke groep ‘n klomp LEGO blokkies wat in ‘n blok ys gevries is. Hulle taak is om dit te ontvries (mag nie onder water sit, of dit stukkend gooi nie), en ‘n vervoermiddel daaruit bou. Alles moet binne 30 minute gebeur.
Die omstandighede is perfek om ongeduldig te raak en jou selfbeheersing te verloor, want om alles te kroon is dit nog winter ook, wat hierdie taak nog moeiliker maak.
Wanneer die ysbreker voltooi is gesels ons dan oor geduld en selfbeheersing en dat dit soos al die ander Vrugte NIE van jou omstandighede afhang nie, maar dat dit deur die Heilige Gees vir jou geleer word.
JEUGLES – Vrugte van die Gees – Geduld en Selfbeheersing
6. SONDAGSKOOL LES: Vriendelikheid en Goedhartigheid
Ons begin die les met die ‘thumbs up’ speletjie, ons lees ‘n stelling en die kinders moet besluit of dit deel is van vriendelikheid en goedhartigheid d.m.v ‘thumbs up’ of ‘thumbs down’.
Daarna is dit die pragtige demonstrasie waaraan die kinders deelneem met die rooi hartjies wat gefrommel en dan geskeur word soos scenarios van onvriendelikheid gelees word. Die kinders moet dan probeer om die hartjies weer aanmekaar te plak.
Die les sluit dan af met ‘n illustrasie van hoe ek die wêreld om my kan verander deur die vrugte van Vriendelikheid en Goedhartigheid.
Hier is die Video Clip wat ons tydens hierdie les gebruik het:
JEUGLES – Vrugte van die Gees – Vriendelikheid en Goedhartigheid
7. SONDAGSKOOL LES: Getrouheid en Nederigheid
Hierdie is ‘n reeks vir die Senior Sondagskool groep oor die Vrugte van die Gees. Hierdie is die sewende en laaste les in die reeks en hier behandel ons die volgende vrugte van die Gees soos ons dit in Gal 5:22 kry – GETROUHEID EN NEDERIGHEID.
Ons begin die les met ‘n “klein belofte – groot belofte” speletjie en met ‘n hindernisbaan. Die verhaal van Job wat aan God getrou was ten spyte van sy omstandighede word gebruik om hierdie vrug aan die kinders te verduidelik.
Vir die vrug van nederigheid word Jesus as voorbeeld gebruik en ‘n “loop op eiers speletjie”.
JEUGLES – Vrugte van die Gees – Getrouheid en Nederigheid
8. SONDAGSKOOL LES: Vrug van die Gees GEBEDSAAND
Soos ons met die reeks oor die Vrugte van die Gees besig is, kom ons al meer onder die indruk dat die Vrugte van die Gees niks met menslike emosies of karakter eienskappe te doen het nie, maar ALLES met die Heilige Gees.
As ons nie hierdie Vrugte van die Heilige Gees afbid nie, gaan ons dit nooit in ons lewens kan sien werk nie. Hierdie gebedsgeleensheid vorm deel van die reeks waar ons die Heilige Gees vra ons te help om elke Vrug van die Gees in ons lewens te dra:
JEUG GEBEDSAAND – Vrugte van die Gees PDF
Vriendelikheid en Goedhartigheid – Mannetjie WORD
Volg die skakel hieronder na die Kinderkerk Lesreeks oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/12/17/sondagskool-lesreeks-vrugte-van-die-gees-snr/ […]
LikeLike