Een van die ergste goed waarmee baie van ons kinders moet saamleef, is boelies. Wat om te doen, en nie te doen as jy geboelie word nie, is nie altyd so maklik nie. Deur hierdie poppekas probeer ons die kinders bietjie bemagtig wanneer dit by boelies kom.
POPPKAS KAPPERJOLLE: Boelies
Inleiding: In die inleiding word boelies met “bully beef” vergelyk. Boelies dink hulle is so sterk soos die bees op die blikkie en dat hulle hulle jou kan laat sleg voel, sodat jy iets moet doen wat God nie van hou nie. Hulle maak ander seer deur hulle goed te breek (soos wanneer jy die blikkie opbreek en induik) of deur iemand te slaan of skop (soos wanneer jy die lekker vleis fyn maak). Hulle sê slegte goed van ander op facebook of deur skinderstories.
Eerste bedryf: Lolla en Neelsie word deur Buksie die boelie by die skool seergemaak. Oupa Jan verduidelik vir die kinders wat ‘n boelie is, en wat hy doen.
Tweede bedryf: Lolla en Neelsie probeer aan maniere dink om Buksie te laat ophou boelie.
Derde bedryf: Ouma vertel vir Lolla en Neelsie van Josef en hoe sy broers hom geboelie het – hierdie gebeur in die vorm van ‘n toneelstuk.
Vierde bedryf: Terug by die skool begin Buksie weer om Neelsie te boelie, en dan kom Lolla en Frikkie om hom te help. Hulle maak ‘n slim plan om Neelsie te help dat Buksie hom nie meer kan boelie nie.
Vyfde bedryf: Willie en die wenspan se “Boelie-liedjie”.
Laai die poppekas hieronder in WORD formaat af
POPPEKAS KAPERJOLLE – Bully Beef
Volg die skakel hieronder na ons ander poppekas stories: