Hierdie is ons negende Kort boodskap, Saalopening idee.
God se rekords
Hierdie saalopening sentreer nie rondom ‘n storie soos die voriges nie. Dit begin met ‘n kort inleiding van die boek Guinness World Records, en daag die kinders dan uit om aan drie speletjies deel te neem wat in die boek opgeteken is.
Die Guinness World Records is een van die wêreld se topverkopers, maar daar is ‘n ander boek wat die rekord breek. Die Bybel natuurlik.
Daarna kyk ons na ‘n paar rekords rondom die Bybel, asook ‘n paar interessante feite in die Bybel.
Die Bybel is nie net ‘n AMAZING Boek nie, dis ook die Woord van God, en daar is soveel wonderlike goed daarin geskryf. Goed wat sommer net interessant is, goed wat ons nodig het in ons verhouding met God, goed wat ons help vir elke situasie waarin ons kan wees.
Die Bybel is die Woord van God, waarvan die Woorde self deur die Heilige Gees vir mense gegee is om neer te skryf, en DIT maak dit die beste boek in die wêreld!!
Laai die saalopening hieronder in PDF formaat
9. Saalopening – God se rekords
Volg die skakel hieronder na ons ander saalopening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/