Sondagskool Les: 2. Die Bybel – Die Geïnspireerde Woord van God

2.geinspireerdewoord

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Die Bybel – Die Geïnspireerde Woord van God

Hierdie is die tweede les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.

Die les begin met die ou bekende speletjie telefoontjie. Die doel van die speletjie is om aan die kinders te demonstreer,  hoe moeilik dit vir die mense wat die verskillende boeke van die Bybel geskryf het sou wees, om dit te skryf, net uit dit wat hulle kon onthou. Dit sou onmoontlik gewees het sonder die hulp van die Heilige Gees.

Daarna word die kinders met die vraag gekonfronteer of hulle glo wat in die Bybel staan.

In hierdie les rus ons ook die kinders toe met ‘n paar teksvers om hulle te help om die belangrikheid en waarheid van die Bybel beter te verstaan.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

Sondagskoolles-Die Bybel is-die geinspereerde woord van God

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s