Sondagskool Les: Paasfees 2

sondagskool les - groot 2

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Paasfees 2

Hierdie Paasfees les begin met die nagmaal, wat aan die kinders verduidelik word aan die hand van ‘n kort vraag ysbreker. Die verhaal van die eerste nagmaal word dan vir die kinders gelees.

Hierna word daar verduidelik dat jy net die nagmaal kan gebruik as jy deel aan Jesus het. Daar word ‘n praktiese demonstrasie met ‘n vuil t-hemp gedoen, wat jou sondes voorstel, en dat wanneer jy jou hart en lewe vir Jesus gee, jy die vuil t-hemp UITTREK en ‘n skoon een aantrek. Saam met dit doen ons ‘n uitnodiging tot bekering.

Die kinders kry dan kans om hulle skoon te maak vir die gebruik van die nagmaal, wat hulle op hulle eie aan die einde van die aand gebruik, sonder enige druk van vriende.

Die res van die Paasverhaal word dan kortliks aan die kinders vertel, aan die hand van ‘n paar teksverse uit Jesaja.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Paasfees

Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/paasfees/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s