AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die Bybel – Die boodskap oor nuwe lewe in Christus
Hierdie is die vierde les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Hierdie les is aangepas uit Kids Sunday School Place.
Hierdie les gaan oor wedergeboorte, en ons het twee lesse oor die tema beskikbaar. Lees deur die lesse en kyk watter een die geskikste vir jou groep sal wees.
Les 1:
In hierdie les gebruik ons twee ysbrekers. Die eerste ysbreker is verander jou voorkoms, en vir die tweede ysbreker moet hulle iets uit rommel maak. Die storie: Die oogseer word dan vertel, terwyl die verteller dit prakties met twee huise demonstreer.
4.1 KINDERKERK LES – Die Boodskap oor nuwe lewe in Christus
Les 2:
Vir hierdie les word die ysbreker, sonde raak swaar gebruik. Een kind staan met arms uitgestrek, en die ander kinders laai boeke op die kind se hande totdat dit te swaar word.
Die boeke stel die sondes van die kinders in die klas voor, en as dit SO swaar is, dink net hoe swaar die sondes van die hele wêreld vir Jesus moes wees. Hierna is daar ‘n kort poppekas met ‘n eenvoudige dialoog tussen Jesus en Nikodemus.
4.2 KINDERKERK LES – Die Boodskap oor nuwe lewe in Christus
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/