Sondagskool Lesreeks: Walk through the Bible

lesreeks

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Walk Through the Bible 

Hierdie is ‘n mini-reeks oor Walk through the Bible wat ons met al drie ons EPIC groepe gedoen het. Die doel van die reeks is om Bybel kennis te probeer vaslê.

Ons het uit die boks gedink, en baie kreatief geraak met hierdie reeks. Ons gebruik ‘n klomp van ons Bybel Speletjies wat op die Blog beskikbaar is, as basis vir hierdie lesse.

Hierdie mini-reeks is dus vir die Sondagskool sowel as vir die Kinderkerk beskikbaar:

In hierdie reeks behandel ons die volgende:

  1. Bou die Bybel aand
  2. Tic-Tac-Toe aand
  3. Diere, Nommers en Kinders van die Bybel
  4. God se vreemde opdrag aan Elia
  5. God se vreemde opdrag aan Esegiël
  6. God se vreemde opdrag aan Hosea
  7. God se vreemde opdrag aan Naäman
  8. God se vreemde opdrag aan Jesaja

1. Bou die Bybel 

Hierdie les is nogal baie moeite, om alles bymekaar te kry, maar die kinders was MAL daaroor en het regtig baie geleer.

Instruksies vir die les:

  • Vir hierdie les kyk ons na 6 Bybeldele.
  • By elke Bybeldeel is daar ‘n aktiwiteit wat die leidraad gee oor WIE die deel gaan, bv. ‘n puzzel, emoji’s of ‘n raaisel.
  • As die kinders reg raai oor WIE die Bybeldeel gaan, dan kry hulle ‘n boks waarin die volgende is: ‘n paar vrae met teksverse oor die Bybeldeel, asook ‘n uitdaging oor die Bybeldeel.
  • Wanneer hulle die Vrae asook die Uitdaging klaar gedoen het, dan kry hulle die volgende aktiwiteite, dan die boks en so aan.

Die bokse is redelik moeite, want daar moet 6 bokse vir elke groep wees (ons het 12 groepe, so jy kan dink hoeveel werk en hoeveel bokse dit was). Die boks idee klink dalk vir julle ‘stupid’, maar dit het so ‘n opgewondenheid veroorsaak, dat die kinders nie kon wag om die volgende boks te gaan haal, en te sien wat daarin was nie!

Hierdie was beslis nie ‘n “in die boks” aand nie, maar “uit die boks” aand. Weet eintlik nie wie dit die meeste geniet het, die kinders of die leiers nie!!

Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Bou die Bybel PDF

BOU DIE BYBEL AKTIWITEITE PDF

BOU DIE BYBEL VRAE PDF

BOU DIE BYBEL UITDAGINGS

2. Bybel Tic – Tac – Toe 

Hierdie les sentreer rondom twee temas. Die eerste is Bybel tic-tac-toe, en die tweede is Bybel CSI.

Die kinders het hierdie aand net so geniet, maak net seker dat jou CSI gedeelte goed georganiseerd is, en dat jou kinders en leier presies weet hoe dit werk.

Instruksies vir die les:

  • Vir hierdie les kyk ons na 9 Bybeldele.
  • Die les begin waar elke groep in twee deel, en Bybel Tic-Tac-Toe teen mekaar speel. Op elke deel van die Tic-Ta-Toe bord is ‘n Bybel figuur se naam. As ‘n span besluit om hulle merker op ‘n naam te sit, moet hulle eers drie vrae oor die figuur antwoord voordat die volgende span mag deelneem.
  • Ons kinders het daarna saal toe beweeg waar ons ‘n ‘crime scene’ vir elke figuur wat op die Tic-Tac-Toe bord is, gedoen het. Hulle moes by elke ‘crime scene’ die volgende vrae beantwoord:
  • Oor watter Bybelfiguur gaan die “crime scene”?
  • Hoekom sê julle so, waar pas die bewysstukke in die verhaal?
  • Wat was die “crime” gewees?
  • Wat leer ek hieruit vir my eie lewe?

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af.

JEUGLES – Bybel Tic-Tac-Toe aand

CSI Crime Scenes

Ysbreker Tic Tac Toe

3. Diere, Nommers en Kinders van die Bybel

Hierdie les sentreer rondom die drie temas: Diere, nommer en kinders van die Bybel

Instruksies vir die les:

  • Hierdie les werk so bietjie anders as die vorige twee lesse. Ons maak gebruik van PowerPoints.
  • Voor elke PowerPoint is daar ‘n ysbreker wat pas by die PowerPoint.
  • Daarna kry elke groep ‘n blaai wat genommer is volgens hoeveel slides die PowerPoint het.
  • Die PowerPoint hardloop, en die kinders moet in hulle groepe by die antwoord probeer uitkom en dit neerskryf op die BLAAI.
  • Aan die einde van die PowerPoint word die antwoorde gee en die groepe moet kyk hoeveel antwoorde hulle reg het in elke afdeling.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Diere, Nommers en Kinders van die Bybel

1. Diere van die Bybel PPT

Diere van die Bybel – Antwoord blad

2. Kinders van die Bybel PPT

YSBREKER – Kinders van die Bybel vrae

Kinders van die Bybel – Antwoord blad

3. Nommers in die Bybel PPT

YSBREKER – Nommer in die Bybel

Nommers in die Bybel – Antwoord blad

4. God se vreemde opdrag aan Elia

Hierdie les is heelwat korter as die eerste drie lesse, want dis gedurende ons eksamentyd wat ‘n halfuur korter as gewoonlik is.

Die les begin met met 4 leidrade wat vir die kinders gegee word, en hulle moet na aanleiding van die leidrade raai wie die Bybelfiguur is waaroor die les gaan.

Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel moet somme voltooi word om die regte woord bo elke nommer neer te skryf. Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Elia, wat hulle dan moet beantwoord.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Elia

elia leidade PPT

5. God se vreemde opdrag aan Esegiël

Die les begin met ‘n lekker aktiewe ysbreker. Ons sit prentjies van hande en voete op die grond neer, en die kinders moet langs dit trap met hulle hande of voete.

Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel is ‘n geheime kode wat ontsyfer moet word, om by die vreemde opdragte uit te kom wat God vir Esegiël gegee het.  Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Esegiël, wat hulle dan moet beantwoord.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Esegiël

Ysbreker 2 – voete

hands-template

6. God se vreemde opdrag aan Hosea

Die les begin met ‘n ysbreker waar die kinders ‘n piesang in skyfies moet sny met ‘n paperclip, terwyl die skil nog om die piesang is.

Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel is daar is ‘n tabel met woorde. Pyltjies dui aan watter woorde om te kies, om by die vreemde opdrag uit te kom, wat God vir Hosea gegee het.  Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Hosea, wat hulle dan moet beantwoord.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Hosea

7. God se vreemde opdrag aan Naäman

Die les begin met ‘n ysbreker rondom die 5 en 7 maal tafels.

Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Op die werksvel is daar is ‘n tabel met woorde. Opdragte dui aan watter woorde om te kies, om by die vreemde opdrag uit te kom, wat God vir Naäman gegee het.  Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Naäman, wat hulle dan moet beantwoord.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Naäman

8. God se vreemde opdrag aan Jesaja

Die les begin met ‘n baie vreemde ysbreker, waar opdrag aan ‘n tamatiesous pakkie in ‘n 1l bottel water gegee word. So het God ook vreemde opdragte aan Sy profete in die Bybel gegee, en hulle het dit gehoorsaam, al was dit hoe vreemd gewees.

Daarna kry elke groep ‘n werksvel: Die vreemde opdrag wat God aan Jesaja gegee het is weggesteek tussen die woord. Die groep moet by die vreemde opdrag probeer uitkom, wat God vir Jesaja gegee het.  Wanneer die kinders daarmee klaar is, is daar ‘n paar vragies met Bybelverse rondom Jesaja, wat hulle dan moet beantwoord.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

JEUGLES – Jesaja

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s