Kinderkerk Lesreeks: Walk through the Bible

lesreeks 3

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Walk Through the Bible 

Hierdie is ‘n mini-reeks oor Walk through the Bible wat ons met al drie ons EPIC groepe gedoen het. Die doel van die reeks is om Bybel kennis te probeer vaslê.

Ons het uit die boks gedink, en baie kreatief geraak met hierdie reeks. Ons gebruik ‘n klomp van ons Bybel Speletjies wat op die Blog beskikbaar is, as basis vir hierdie lesse.

Hierdie mini-reeks is dus vir die Sondagskool sowel as vir die Kinderkerk beskikbaar:

In hierdie reeks behandel ons die volgende:

  1. Bou die Bybel
  2. Bybel Atletiek
  3. Diere, nommers en kinders van die Bybel
  4. God se vreemde opdrag aan Elia
  5. God se vreemde opdrag aan Esegiël
  6. God se vreemde opdrag aan Naäman
  7. God se vreemde opdrag aan Hosea
  8. God se vreemde opdrag aan Jesaja

1. Bou die Bybel 

Hierdie les was nogal baie moeite gewees om alles bymekaar te kry, maar die kinders was MAL daaroor en het regtig baie geleer.

Ysbreker: Boks soek – Die aand begin met ‘n boks soek aktiwiteit. Elke Bybeldeel se instruksies word in ‘n boks gesit, en die kinders moet dan die bokse gaan soek. Elke groep het ses bokse om te gaan soek.

Inleiding Storie: Die eienaar se gids – hierdie is ‘n baie oulike storie om die belangrikheid van die Bybel aan die kleintjies te verduidelik.

Daarna is daar ses Bybeldele wat behandel word. Elke deel het ‘n prentjie wat in stukke gesny is en die kinders aanmekaar moet sit, en dan raai watter Bybeldeel dit is.

Die groepleier vertel dan die Bybeldeel kortliks vir die kinders, en elke deel het dan ‘n uitdaging wat hulle moet maak, wat met die Bybelddeel te doen het.

Die volgende Bybeldele word behandel: Die toring van Babel; Jakob se droom; Abraham moet Isak gaan offer; Die Skepping; Daniël in die leeukuil; Jerigo se mure.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Funaand – Bou die Bybel

Die Skepping 1

Die Skepping 2

2. Bybel Atletiek

In hierdie les gebruik ons interaktiewe speletjies met die tema Bybel atletiek.

Ysbreker 1: Bybel Opwarmingsoefeninge

Ysbreker 2: Span naam en kleure

AKTIWITEITE:

Die kinders neem deel aan vyf “atletiek” items, en na of tydens elkeen is daar vrae uit die Bybel wat hulle moet beantwoord.

Aktiwiteit 1: 100 meter hardloop – Terwyl die kinders geblinddoek is, word daar ‘waar of onwaar’ vrae gevra. As die kind dink dis waar, steek hulle hul hande op. Wanneer die antwoord gegee word, mag die wat hande opgesteek het ‘n tree vorentoe beweeg. Die een wat eerste voor kom “wen” die 100 meter.

Aktiwiteit 2: Drie-been resies – Kinders hardloop drie-been resies saam met ‘n maatjie, daarna word vrae gevra rondom paartjies in die Bybel.

Aktiwiteit 3: Hindernisbaan – Kinders se bene is nogsteeds vasgebind aan die van hulle maatjie. Hulle doen ‘n saam ‘n eenvoudige hindernisbaan, daarna kry hulle prentjies van wonderwerke uit die Bybel, en moet raai watter wonderwerke dit is.

Aktiwiteit 4: Ver spring – Die lokaal word in twee verdeel – 1 en 2 – “Sou jy eerder” vrae word gevra, en die kinders moet na die kant spring wat hulle kies.

Aktiwiteit 5: Mummy resies – Elke groep kies iemand wat hulle met toiletpapier gaan toedraai soos ‘n mummy. Vragies word gevra, en elke keer as ‘n groep reg antwoord kan hulle toitletpapier twee keer om die mummy draai.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Funaand – Bybel Atletiek

3. Diere, Nommers en Kinders van die Bybel

Hierdie les werk rondom die drie temas: Diere, Nommers en Kinders van die Bybel. Voor elke tema is daar ‘n ysbreker wat pas by die tema, en dan is daar ‘n paar vragies rondom elke tema.

Laai die dokumente hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Diere, nommers en kinders van die Bybel

Diere van die Bybel

Nommers van die Bybel

4. God se vreemde opdrag aan Elia

Hierdie les is heelwat korter as die eerste drie lesse, want dis gedurende ons eksamentyd wat ‘n halfuur korter as gewoonlik is.

Die vreemde opdrag wat God aan die kraaie gegee het om vir Elia te sorg in die woestyn, word in hierdie les behandel.

Elke groep word een deel uit die storie gegee om met klei uit te beeld: Groot klei mannetjie wat Elia voorstel, Krone vir koning Agab, Kraaie, Vleis en brood en Stroompie.

Soos die verhaal uit 1 Konings 17 vertel word, sit die kinders hulle klei skeppings op die tafel neer, as deel van die storie.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Elia

5. God se vreemde opdrag aan Esegiël

Die vreemde opdrag wat God aan Esegiël gegee het, om vir 390 dae op sy regtersy, en toe 40 dae op sy linkersy te lê, word in hierdie les behandel.

Die les besig met “Simon says”, met Simon se laaste opdrag om op jou regtesy te lê. Die kinders kry dan ‘n prentjie om in te kleur terwyl hulle op hulle sy lê, om die opdrag beter aan hulle te verduidelik. Terwyl die kinders lê en inkleur word die verhaal aan hulle vertel.

Laai die les hieronder in PDF formaat af.

KINDERKERK LES – Esegiël

6. God se vreemde opdrag aan Naäman

Die vreemde opdrag wat God vir Naäman gegee het, was om homself sewe keer in die Jordaan rivier te gaan was, om gesonde te word van sy melaatsheid, word in hierdie les behandel.

Die les begin met twee speletjies as ysbreker, en ‘n spons wat in die vorm van ‘n mannetjie gesny is, met verfkolletjies op, word tydens die les gebruik. Soos jy die verhaal vertel, was jy die mannetjie en aan die einde van die verhaal moet die mannetjie skoon, sonder verfkolle wees.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Elisa en Naaman

7. God se vreemde opdrag aan Hosea

Die vreemde opdrag wat God vir Hosea gegee het, om met ‘n vrou te trou, wat hom nie met haar hele hart liefhet nie, word in hierdie les behandel.

Die les begin met ‘n aktiwiteit, waar die kinders iemand moet teken vir wie hulle baie lief is. Die verhaal van Hosea wat met Gormer moes trou, word op ‘n baie eenvoudige manier aan die kinders verduidelik.

Daarna doen die leier ‘n illustrasie met die hulp van ‘n vrywilliger, deur ‘n stuk papier te sny dat ‘n persoon deur dit kan pas. Die vergelyking word gedoen dat God se liefde, altyd groter as ons sonde is.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

KINDERKERK LES – Hosea

8. God se vreemde opdrag aan Jesaja

Die vreemde opdrag wat God vir Jesaja gegee het, om vir drie jaar kaal rond te loop as ‘n teken vir die mense van Egipte en Ethiopië, word in hierdie les behandel.

Die les begin met ‘n prentjie wat die kinders met teken met ‘n blaai op hulle kop, deur na spesifieke instruksies te luister. Die les sluit af met ‘n “Logo-raai” aktiwiteit om God se opdrag aan Jesaja beter te probeer verduidelik.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

8. KINDERKERK LES – Jesaja

Tekens aktiwiteit – Jesaja PPT

Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-lesse/

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s