Die spreekwoord lui: “hoekom die wiel weer ontwerp?”, wel dis presies hoe ons vanoggend voel! Ons was oppad om ‘n woordpret Paasfees hulpbron vir die Blog te maak, en kom toe vanoggend op ‘n soortgelyke gratis hulpbron, in Afrikaans af. Ons gaan NIE die wiel weer ontwerp nie, en deel dus die skakel na hierdie oulike hulpbron met julle!
Hierdie is die Woorpret boekie vir Paasfees van die Gereformeerde Kerk Jeug.
Lees die verhaal van Jesus se kruisiging in Matteus 27 tot 28, of vertel dit vir jou kinders en doen saam dié woordspeletjies.
- Ontrafel die woorde! (maklik en moeilik)
- Soek die woorde! (maklik en moeilik)
- Ontrafel dié teksvers!
Laai die boekie in PDF formaat af by die skakel hieronder:
Volg die skakel hieronder na ons ander Paasfees hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/paasfees/