Kinderkerk Les: 6. Die Bybel – Die bron van Wysheid

6. bron v wysheid - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Die Bybel – Die Bron van Wysheid

Hierdie is die sesde les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Die les gaan oor die Woord wat die bron van Wysheid is.

Die les begin met ‘n aktiwiteit om die konsep van fondasie aan die kleintjies te verduidelik. Jy kry vooraf twee vrywilligers, ‘n kind en ‘n grootmens. Die kind gaan op ‘n stoel sit, en die grootmens op ‘n “stability ball” soos wat in gyms gebruik word vir oefeninge, terwyl hulle veskillende instruksies moet volg.

Die kind op die stoel se fondasie is stewig, terwyl die grootmens op die bal s’n onstabiel is.

Hierna word die gelykenis van die Huis op die rots en sand deur middel van ‘n illustrasie met twee huise wat uit styrofoam gesny is gedoen. Die video clip hieronder sal jou help om die instruksies vir die illustrasie beter te verstaan.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

6. KINDERKERK LES – Die Bybel is – Die Bron van Wysheid

Volg die skakel hieronder na die ander lesses in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s