Sondagskool Les: 11. Die Bybel – Die Wetboeke

11. die wet

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

11. Die Wetboeke

Hierdie is die elfde les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In hierdie les kyk ons kortliks na die Wetboeke in die Ou Testament, net om bietjie beter te verstaan waaroor dit gaan.

Die Wetboeke is die eerste afdeling in die Ou Testament.  Daar is vyf boeke in hierdie afdeling:  Genesis; Eksodus; Levitikus; Numeri; Deuteronomium. Hierdie les is aangepas uit Ministry to Children.com.

Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, asook die eerste vyf boeke van die Ou en die Nuwe Testament. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.

Groepwerk: Elke groep kry vier uitdeelstukke oor die Wetboeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

11. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Wet

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s