Kinderkerk Les: 12. Die Bybel – Die Geskiedenis Boeke

12. geskiedenis boeke - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

12. Die Geskiedenis Boeke

Hierdie is die twaalfde les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Geskiedenis Boeke Afdeling in die Ou Testament.

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste agt boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.

Aktiwiteit 1: Rivierbank – Nadat die kinders hierdie speletjie gespeel het, word die verhaal van die Israeliete verder aan die kinders verduidelik. Moses is dood, en Josua moet die volk nou in die beloofde land inlei.

Aktiwiteit 2: Rigters uitdeelstuk – Na Josua se tyd het God Rigters gestuur om Sy volk te lei, soos die verhaal in kort aan die kinders vertel word, plak hulle die storie op ‘n sirkel vas.

Aktiwiteit 3: Naboots speletjie – Met hierdie speletjie word aan die kinders geillustreer dat die volk Israel soos die ander volk om hulle wou wees, hulle wou ook ‘n koning hê.

Aktiwiteit 4: Goeie koning / slegte koning – twee vrywilligers kry elkeen ‘n kroon soos ‘n koning. Terwyl die aanbieder ‘n klomp stellings lees moet die kinders besluit of dit ‘n goeie of slegte koning is deur middel van aksies.

Aktiwiteit 5: Ballingskap – Die konsep ballingskap word aan die kinders verduidelik deur middel van ‘n demonstrasie in die groepe met peper en skottelgoedseep.

Aktiwiteit 6: Bou ‘n kerk met blokkies – Na 70 jaar van ballingskap kon God se volk teruggaan na hulle land om weer die tempel te bou.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

12. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Geskiedenis Boeke

12. Geskiedenis Boeke – Boeke van die Bybel.docx

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s