Sondagskool idees 5: Die Evangelie met Sjokolade

sjokolade groot

Ons het lanklaas iets in hierdie afdeling met julle gedeel, en deel vandag graag “Die Evagelie met Sjokolade”. Communitas het ‘n soorgelyke les (dis waar ons die idee geleen het), maar meeste van die sjokolades in hulle les kry mens nie meer nie.

Die les is vir ons baie oulik, en daarom het ons gaan kyk watter sjokolades mens op die oomblik wel kry, en die les daarvolgens aangepas.

Die Evangelie met Sjokolade:

Teks: Rom 3:23, Joh:16, Joh1:12

INLEIDING:

Wie van julle hou van sjokolade?  Wat is jou gunsteling sjokolade? (Laat kinders gesels oor hulle gunstelinge) Hoekom dink julle hou mense so baie van sjokolade? (Laat kinders hierop reageer)

Maar het julle geweet dat sjokolade ons ook meer van Jesus kan leer? Vandag gaan ons kyk wat en hoe sjokolade ons meer van Jesus kan leer.

AANBIEDING:

Ons storie begin met `n Bar One. Die Bar One sê: Ek is die lekkerste sjokolade wat daar is. Baie mense sê ook so: I’m number 1 – “it`s all about me.” Ek is die belangrikste die beste, mooiste, slimste, rykste. Baie mense is Bar One mense. Is jy `n Bar One mens?

 Dan is daar `n Top Deck, wit bo en bruin onder. Dit vertel my van my buitenste laag – dit wat mense sien , en wat hulle van my weet. Ons wys dus vir mense wat ons graag wil hê hulle moet sien. Mense sien dat ek kerk en Sondagskool toe gaan. Hulle sien dat ek Bybel lees en bid.

Maar binne-in ons is dit nie altyd so mooi nie. Rom 3:23: “Almal het gesondig en is ver van God” Ons het almal sonde en sonde neem ons weg van God af.

Mense  weet nie wat hier binne-in my aangaan nie. Hulle kan nie my sonde raaksien nie, net God kan dit raaksien. Sonde is die verkeerde dinge wat ons sê, doen en selfs net dink. Sonde maak my selfsugtig en ongelukkig.

Maar God weet van my sonde, ek kan mos niks vir God wegsteek nie. Hy weet alles van my af en sonde maak God hartseer.

Die Whispers wil vir ons sê dat God baie sag met ons praat. Hy fluister vir jou. Hoe: deur mense wat vir jou van God vertel. Wanneer jy uit die Bybel lees. Wanneer mense vir jou vertel dat jy verkeerde dinge doen. Dan praat God met jou. As jy mooi luister, sal jy Sy stem hoor. P.S. I ♥  you.

Dan is daar die Crunchie – God wil hê dat jy vir Hom moet vertel van jou sonde. Maar dit help nie dat jy net vertel nie… Ons moet vir God vertel hoe jammer ons oor ons sonde is. Nie net sê dat ons jammer is nie, maar dit ook regtig bedoel. Dit moet amper voel of jou hart wil breek, soos die Crunchie. Ons moet hartseer wees dat ons sonde doen.

Die Wonder Bar wil vir ons vertel van God se wonderlike liefde vir ons.Joh 3:16:  God het Sy enigste Seun gestuur om vir jou en my sonde aandie kruis te sterf.  So wonderlik is God se liefde vir ons.

As jy vir Jesus kies, as jy glo dat Hy vir jou sonde aan die kruis gesterf het, as jy jou sonde bely het, dan word jy God se kind. Joh 1:12.As jy God se kind is, moet jy so leef dat mense kan sien dat jy God se kind is.Jy moet soos `n ster blink, 5 Star sodat almal kan sien dat jy Jesus se kind is.Jy sal baie dinge moet verander: (praat oor taalgebruik, boelie, grappe ens)

Die Kit Kat wil vir jou sê: “Take a break”Ons is so besig met baie dinge: skool, sport, musiek, tv ens. Maar ons moet `n “break” neem en tyd saam met God spandeer.Onthou, hoe meer tyd ek saam met iemand deurbring, hoe beter leer ek hom ken en hoe liewer raak ek vir daardie persoon. Daarom mag ek nooit my afskeep tyd vir God gee nie.Ek moet tyd vir God maak.

Die Twix het twee sjokolade stokkies binne-in. Dit wil jou aan twee baie belangrike dinge in jou lewe herinner: Byblel lees en gebed. Dan sal jy ook vir ander van God kan vertel.

As jy `n kind van God is, belowe God jou `n Symphony, `n gelukkige lewe.`n Lewe vol vreugde soos `n simfonie orkes wat die mooiste klanke speel.Dan sal jy nie meer sonde wil doen nie.

As jy nog nie God se kind is nie, omdat jy nog nie vir Jesus gekies het nie, dan daag ek jou uit om dit vandag te doen. Maak `n Happy Break en kies Jesus vandag. God het jou so baie lief. Hy wil graag hê dat jy Sy kind moet wees.God belowe dat jy vir altyd saam met hom in die hemel sal bly as jy Sy kind is.Dit sal wees soos Areo asof jy heeldag op wolkies loop.

AFSLUITING:

Lei die kinders wat wil (geen druk) om hulle harte vir Jesus te gee. Maak dan die sjokolades oop en eet dit saam op terwyl julle praat oor die boodskap.

Hier is die sjokolade wat jy vir die les benodig:

die evangelie met sjokolade 1

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

DIE EVANGELIE MET SJOKOLADE

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool Idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s