AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
12. Die Geskiedenis Boeke
Hierdie is die twaalfde les in die Sondagskool lesreeks oor die Bybel. In die vorige les het ons stilgestaan by die Wet boeke, in hierdie les kyk ons kortliks na die Geskiedenis boeke in die Ou Testament net om bietjie beter te verstaan waaroor dit gaan.
Die Geskiedenis Boeke is die tweede afdeling in die Ou Testament. Daar is twaalf boeke in hierdie afdeling: Josua; Rigters; Rut; 1 en 2 Samuel; 1 en 2 Konings; 1 en 2 Kronieke; Esra; Nehemia; Ester. Hierdie les is aangepas uit Ministry to Children.com.
Ysbreker: Boek ordes – Elke groep kry ‘n Ou en Nuwe Testament kaart, met nog vyf boeke van die Ou en die Nuwe Testament by. Hulle moet die boeke onder die twee kaarte in die regte volgorde rangskik. Ons gaan elke week die speletjie doen en boeke byvoeg totdat hulle al die boeke in die Bybel gekry het om te rangskik.
Groepwerk: Elke groep kry vier uitdeelstukke oor die Geskiedenis boeke, om ‘n beter begrip daarvan te kry.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
12. SONDAGSKOOL LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Geskiedenis Boeke
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-sondagskool-lesreeks/