Kinderkerk Les: 13. Die Bybel – Die Gedigte Boeke

13. gedigte boeke - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

13. Die Gedigte Boeke

Hierdie is die dertiende les in die Kinderkerk Lesreeks oor die Bybel. Doel van hierdie les is om die basiese samestelling van die Bybel beter te verstaan sodat ons dit gemakliker kan lees en gebruik. In hierdie les behandel ons Die Gedigte Boeke Afdeling in die Ou Testament.

Ysbreker 1: Boek ordes – Die les begin met ‘n ysbreker waar die eerste 12  boeke van die Bybel vir die kinders geleer word deur middel van bewegings.

Aktiwiteit 1:  Rympies:  Kyk watter kinders braaf genoeg is om ‘n gediggie voor almal op te sê. In die Bybel is daar ook boeke wat geskryf is soos gediggies.  Dit rym nou nie altyd soos ons gediggies nie, maar die manier hoe dit geskryf is, is soos ‘n gedig.

Aktiwiteit 2:  Maize:  Gee vir elke kind ‘n maize om te voltooi. Op die maize, is daar musiekinstrumente en musieknote gewees.  In die Bybel en die boeke waarvan ons vandag leer, is daar ook ‘n boek vol liedjies.  Ons noem dit Psalms.

Natuurlik het al die boeke ‘n boodskap van God vir ons.  Dis nie net gediggies en liedjies net vir  sommer maar net nie.  God wil hê dat ons dinge oor Hom en die lewe moet weet met daardie gedigte en liedjies.  Kom ons kyk bietjie hoe slim julle is, en hoeveel julle van wiskunde doen weet.

Aktiwiteit 3:  Somme:  Die kinders word ‘n klompie Wiskunde somme gevra. Dit begin maklik en raak al moeiliker. Dit is baie goed om slim te wees en goed te doen in toetse.  Ons moet leer en ons beste gee.  Die gedigte boeke vertel ons dat ons die heel slimste of wyste is, wanneer ons vir Jesus nommer 1 in ons lewens maak en luister na wat Hy sê.

Aktiwiteit 4:  Praise and worship: Kies so 2 liedjies wat jy in die klas kan speel vir die kinders om mee saam te sing en te dans.

Die heel korste Psalm in die Bybel is Psalm 117: Die Here is so goed vir onsAl julle volke, loof die Here!  Hy is baie, baie goed vir ons en Hy sal vir altyd goed bly.  Loof die Here!

Aktiwiteit 5:  Dankbaarheid: Sit in die groepies en dan dink aan dinge wat ons het waarvoor ons vir God kan dankie sê.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

13. KINDERKERK LES – Verstaan jou Bybel – Afdelings van die Ou Testament – Die Gedigte Boeke

13. Gedigte Boeke – Boeke van die Bybel

13. Maze

13. Maze – antwoord

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/die-bybel-kinderkerk-lesreeks/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s