Die volgende post doen ons met die toestemming van NG Kerk Kragga Kamma. Hulle het 21 pragtige poppekas stories wat ons graag met julle wil deel.
Poppekas Storie: Stowe, karretjies en playstations
Hierdie poppekas storie se naam is stowe, karretjies en playstations, en die tema is “Wat sou Jesus doen”.
Die storie gaan oor Stoffel wat vir Wouter kwaad is, omdat hy sy karretjie op die stoof gesit het, en diè se wiele nou gesmelt is. Stoffel wil vir Wouter terugkry deur sy playstation op die stoof te sit.
Wysneus sien dat Stoffel dikbek is, trek die hele storie uit hom uit, en konfronteer hom dan met die vraag “wat sou Jesus gedoen het”. Hy vertel ook vir Stoffel hoe lelik die mense met Jesus was, maar dat Hy hulle nie wou ‘terugkry’ nie. Stoffel besef dat Wysneus ‘n punt beet het, en hardloop vinnig om Wouter se playstation uit die oond te haal voordat sy ma die stoof aansit.
Volg die skakel hieronder om hierdie pragtige storie gratis van NG Kerk Kragga Kamma se webtuiste af te laai:
Click to access stowe%20karretjies.pdf
Indien die skakel nie oopmaak nie kan jy die volgende roete volg:
Klik op Diensterreine
Klik op Jeugbediening
Klik op poppekas
Klik op storie: Stowe, karretjies en playstations
Volg die skakel hieronder na die ander poppekas stories op die Blog:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/poppekas/
Kan ek asb die poppekas storie” wat sou Jesus doen” kry? Ek sukkel om dit af te laai?
LikeLike
Hi Alicia. Probeer hierdie skakel: http://www.ngkraggakamma.co.za/jeugbediening/poppekas/nuwe/stowe%20karretjies.pdf .
Indien jy nie regkom nie kan jy my deur die “kontak ons” skakel probeer en dan kan ons kyk hoe ek kan help: https://algoagemeenskapskerk.com/contact/
LikeLike