AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Woord Studie – Inleiding
Hierdie is die inleidingsles in die Kinderkerk lesreeks oor woorde in die Bybel. Woorde is nie sommer maar net nie. Ons word heeldag deur woorde omring. So is daar ook baie woorde in die Bybel wat ons lees en glad nie verstaan nie.
In hierdie reeks gaan ons sulke woorde ondersoek en kyk wat hulle beteken. Wanneer ons daardie woorde beter verstaan, sal dit ons ook help om die Bybel beter te verstaan en meer van God te leer.
In hierdie les gaan ons eers net deur middel van speletjies lekker met woorde speel, om die kinders aan woorde te laat dink en dat woorde betekenis het.
Speletjie 1: I Spy
Speletjie 2: Rym lys
Speletjie 3: Beeld jou woord uit
Speletjie 4: Dinkskrum
Speletjie 5: Raai die dier
Ons het in die reeks oor Die Bybel begin om die boeke van die Ou Testament vir die kinders deur middel van bewegings te leer. Die volledig lys van bewegings van die Ou Testament is deel van hierdie les.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
1. KINDERKERK LES – Woord Studie – Inleiding – Speletjies
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/