AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Woord Studie – Heiligheid
Hierdie is die tweede les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.
Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste vier boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Ons eerste woord wat ons oor gaan leer is: Heiligheid. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Ysbreker: Seep resies – God is skoner as was seep ons kan maak.
Aktiwiteit: Eie pad – God wil hê ons moet na Hom luister en nie ons eie pad volg nie.
Groepwerk: Olie en water meng nie – sonde en God ‘meng’ nie.
Om heilig te wees beteken nie om God te wees nie, maar om soos God te wees in hoe ons optree en lewe. Dit kan dalk onmoontlik klink, maar ons het Iemand wonderlik wat ons daarmee help – die Heilige Gees. Hy verander ons al hoe meer na die beeld van Jesus. Die Heilige Gees wys vir ons uit wat ons nodig het om te verander in ons lewens en help ons met daardie veranderings.
Laai die les hieronder af in PDF formaat:
2. KINDERKERK LES – Woord Studie – Heiligheid
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/