AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Heiligheid
Hierdie is die tweede les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Ons eerste woord wat ons oor gaan leer is: Heiligheid. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Ysbreker: Seep resies – God is skoner as was seep ons kan maak.
Aktiwiteit: Eie pad – God wil hê ons moet na Hom luister en nie ons pad volg nie.
Groepwerk: Olie en water meng nie – sonde en God ‘meng’ nie.
Aktiwiteit: Charades – God wil hê dat ons Hom moet naboots in ons gedrag.
Om heilig te wees beteken nie om God te wees nie, maar om soos God te wees in hoe ons optree en lewe. Dit kan dalk onmoontlik klink, maar ons het Iemand wonderlik wat ons daarmee help – die Heilige Gees. Hy verander ons al hoe meer na die beeld van Jesus. Die Heilige Gees wys vir ons uit wat ons nodig het om te verander in ons lewens en help ons met daardie veranderings.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
2. SONDAGKOOL LES – Woord Studie – Heiligheid
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/