AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Genade
Hierdie is die vierde les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Genade. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Aktiwiteit 1: Onmoontlike take
Aktiwiteit 2: Straf uitdeel
In hierdie twee aktiwiteite demontreer ons aan die kinders wat genade beteken, dat jy iets kry al verdien jy dit nie.
Groepwerk: Die kinders lees in hulle groepe Rom 6:23 en moet gesels oor wat dit vir hulle oor sonde, straf en genade leer.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
4. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Genade
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/