Jesus sê in Johannes 14:6 “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie”.
Tema van die storie: Die wêreld se top-tiener
Baie mense is soos die top-tiener. Hulle hou hulle slim, en het altyd ‘n antwoord reg wanneer jy met hulle praat oor hulle harte vir Jesus gee. Pasop dat jy nie ook soos sy met die “verkeerde valskerm” uit die vliegtuig spring omdat jy jou slim gehou het nie.
Die wêreld se top-tiener
Op ‘n helder sonskyndag was vier mense onder weg in ‘n klein viersitpelk – vliegtuigie: die vlieënier, ‘n predikant, en twee tieners. Een van die twee het pas die prys verower as “Die wêreld se top-tiener”. Terwyl hulle gevlieg het, het die vlieënier na die drie passasiers gedraai en gesê: “Ek het slegte nuus, en ek het nog slegter nuus.
Die slegte nuus is dat die vliegtuig se brandstoftenk leeg is. Die vliegtuig verloor hoogte en ons gaan val. Die slegter nuus is dat ons net drie valskerms aan boord het!”
Dit het natuurlik beteken dat een van die insittendes die val nie sou oorleef nie. Die vlieënier het verder gesê: “Ek het ‘n vrou en drie kinders tuis. Ek het baie verantwoordelikhede. Ek is jammer, maar ek sal een van die valskerms moet neem!” Met die woorde het hy een van die valskerms gegryp, dit aangetrek en uitgespring.
Die “top-tiener” was volgende om te verduidelik: “Ek is die slimste tiener in die wêreld. Ek mag die een wees wat nog ‘n teenmiddel vir kanker of VIGS mag uitvind, of ek mag selfs die wêreld se ekonomiese probleme oplos. Almal reken op my!” Die top-tiener van die wêreld het die tweede valskerm gegryp en gespring.
Die predikant het na die ander seun gedraai en gesê: “Seun, vat jy die laaste valskerm. My saak is reg met die Here, ek kan maar sterf. Neem die laaste valskerm en spring!”
“Ontspan, Dominee”, het die ander tiener geantwoord. “Die wêreld se top-tiener het so pas uit die vliegtuig gespring met my rusgsak!”
Baie mense is soos die top-tiener. Hulle hou hulle slim, en het altyd ‘n antwoord reg wanneer jy met hulle praat oor hulle harte vir Jesus gee. Pasop dat jy nie ook soos sy met die “verkeerde valskerm” uit die vliegtuig spring omdat jy jou slim gehou het nie.
Jesus sê in Johannes 14:6 “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader, behalwe deur My nie”.
Laai die storie hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Stories:
Hierdie gaan beslis Vrydagaand my onderwerp wees by ons tiener byeenkoms. Baie Dankie
LikeLike
Hi Jemima! Gaan loer gerus na die stories: Die sirkusnar en Dodelike albasters. Saam met hierdie storie het jy ‘n hele bekerings boodskap. Kom ek verduidelik:
Die Sirkusnar – Ons hoor die Evangelie, en baie mense steur hulle nie daaraan nie. Dit voel later vir hulle soos ‘n ‘grap’ wat deur ‘n sirkusnar vertel word, maar besef nie dat die boodskap gee grap is nie, maar jou lewe kan red as jy daarna luister nie.
Dodelike albasters – so hou ons op hierdie pad aan met ons sondes en die ‘lekker dinge’ wat eintlik die dodelike albasters is, maar wat ons nie besef ons dood gaan beteken nie.
Die wêreld se top-tiener – want so hou ons onsself slim soos die wêreld se top-tiener, en ons spring met ‘n rugsak uit die vliegtuig uit in plaas van met ‘n valskerm, want ons dink ons is slim. Ons neem nooit vir Jesus aan nie, en dink ons gaan veilig sonder Hom wees.
Hoop jy kan dit gebruik.
Groete
Annatjie
LikeLike