Kinderkerk Les: 7. Woord Studie – Hoop

7. hoop - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Woord Studie – Hoop

Hierdie is die sewende les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.

Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste tien boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes, Handelinge, Romeine 1 en 2 Korinthiërs, Galasiërs en Efesiërs

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Hoop.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Ysbreker: Hierdie ysbreker illustreer mooi hoe hoop werk en wat dit is.

Storietyd:  Die Brandende oondDie verhaal van Daniël se drie vriende in die vuuroond word gebruik om hoop aan die kinders te verduidelik.

Toepassing: Wanneer dinge swaar en moeilik in jou lewe gaan, help hoop dat God jou gaan help jou om vas te hou, en nie moed op te gee nie. Hoe God help, lyk nie altyd soos ons DINK dit gaan lyk nie. God het nie gekeer dat Daniël se drie vriende in die vuuroond beland nie, maar Hy het hulle wel beskerm dat hulle niks oorgekom het IN die vuuroond nie. God het ‘n engel gestuur wat saam met hulle in die vuuroond was.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

7. KINDERKERK LES – Woord Studie – Hoop

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/

 

 

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s