Sondagskool Les: 7. Woord Studie – Hoop

7. hoop - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Woord Studie – Hoop

Hierdie is die sewende les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Hoop.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Ysbreker: Hierdie ysbreker illustreer mooi hoe hoop werk en wat dit is.

Die verhaal van Daniël se drie vriende in die vuuroonde word vertel en dan beantwoord hulle die volgende vrae in die groepe:

  1. Het Sadrag, Mesag en Abednego hoop gehad in hierdie situasie?
  2. Hoe kon hulle hoop verloor het?
  3. Wat kan hulle verhaal julle leer oor jou hoop in God plaas?
  4. Volgens Psalm 147:10-11 hoe reageer God op ons hoop?

Daniël se drie vriende wat in die vuuroond gegooi is, is vir ons ‘n goeie voorbeeld van hoop. Hulle het gehoop dat God hulle uit die vuuroond sou red, en dit was genoeg rede vir hulle om nie voor die koning se beeld te buig en ‘n ander god te aanbid nie.

Toepassing: Wanneer dinge swaar en moeilik in jou lewe gaan, help hoop dat God jou gaan help jou om vas te hou, en nie moed op te gee nie. Hoe God help, lyk nie altyd soos ons DINK dit gaan lyk nie. God het nie gekeer dat Daniël se drie vriende in die vuuroond beland nie, maar Hy het hulle wel beskerm dat hulle niks oorgekom het IN die vuuroond nie. God het ‘n engel gestuur wat saam met hulle in die vuuroond was.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

7. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Hoop

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s