Hierdie is ons sewe en twintigste Kort boodskap, Saalopening idee.
Selfwaarde:
Inleiding:
Vir hierdie les het jy ‘n R10 noot, ‘n witbord of groot blaai en ‘n koukie nodig.
Hou ‘n R10 noot in die lug op en vra vir die kinders hoeveel dit werd is. Natuurlik R10!! Wat sal julle daarmee koop? Skryf dit op die witbord of blaai neer.
Vat die R10 noot en Frommel dit in ‘n klein balletjie. Vra wie dit nou wil hê? Hoeveel is dit werd? Nogsteeds R10. Wat kan jy met ‘n gefrommelde R10 koop? Skryf dit op die witbord of blaai neer.
Gooi dit nou op die vloer en trap daarop – wie wil dit nog hê? Wat is dit nou werd? Nogsteeds R10. Wat kan jy nou daarmee koop? Skryf dit op die witbord of blaai neer.
Skeur die R10 nou in twee en vra wie wil dit nou nog hê? Hoekom wil jy ‘n R10 noot hê wat in twee geskeur is, wat kan jy daarmee koop? Skryf dit op die witbord of blaai neer.
Vergelyk nou die lyste van die skoon, ongefrommelde, ongetrapte, ongeskeurde R10 noot met die gefrommelde, getrapte en geskeurde R10 noot.
Het die opfrommel, trap of die skeur van die R10 enige iets van die waarde weggevat – gemaak dat dit nie meer R10 werd is nie, gemaak dat jy minder daarmee kan koop?
Selfwaarde:
Het iemand al ooit geld op die grond opgetel? Vra ‘n paar waar hulle dit gekry het en hoeveel dit was. Vra, was dit skoon? Was dit nogsteeds dieselfde werd as dit wat daarop geprint is toe dit gemaak is?
Natuurlik! Omdat dit vuil is maak dit dit nie minder werd nie.
Ons gaan vanoggend oor selfwaarde praat.
In Gen 1:27 lees ons dat toe God ons gemaak het, het Hy ons na Sy beeld gemaak. Nie om soos Hy te wees nie, maar om soos Hy te lyk.
Die probleem is dat sonde in die wêreld ingekom het, en dit het Sy beeld in ons kom opfrommel en kom vuil maak soos die geld.
Alhoewel sonde maak dat ons nie meer soos God lyk nie – sy beeld – en dat dit ons weghou van God, omdat God heilig is, het dit nie ons waarde vir God verander nie.
God gooi ons nie weg omdat ons nie meer perfek soos Hy is nie, ons het soveel waarde vir Hom dat Hy sy Seun Jesus aarde toe laat kom het om vir ons ‘n pad terug na God toe te kom maak.
Hy gee vir ons die geskenk van Sy Seun Jesus – sodat ons deur ons lewe vir Jesus te gee, weer na God se beeld kan lyk.
Toepassing:
So wanneer die satan vir jou kom vertel dat jy te vuil is, te veel sonde gedoen het, dit nie verdien dat God jou liefhet of vergewe nie, onthou die opgefrommelde R10 noot.
Die R10 noot het nooit sy waarde verloor omdat dit opgefrommel en vuil was nie, so het jy nooit jou waarde vir God verloor omdat JY vuil en vol sonde is nie.
God is jou hemelse pa wat met oop arms wag om jou nuut te maak en te vergewe.
God sien potensiaal, wie en wat ons kan wees, nie hoe jy nou lyk nie.
Sluit af met gebed
Laai die Saalopening hieronder af in PDF formaat:
Hier is ‘n video clip wat ook die geld noot gebruik, maar hom so bietjie ‘n ander ‘angle’ gee maar nogsteeds by die tema van selfwaarde uitkom:
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: