Sondagskool idees 6: Stories

stories - groot

Stories is seker een van die kragtigste hulpbronne wat ons met kinders kan gebruik, maar wat ons eintlik so min gebruik. Die Nuwe Testament is seker een van die beste voorbeelde om hierdie stelling van my te staaf. Jesus het met Sy dissipels in gelykenisse – stories – gepraat, omdat hulle dit wat Hy met hulle wou deel op hierdie manier beter verstaan het.

Die regte storie, op die regte tyd, kan so impak maak dat jy nie eintlik nodig het om veel meer te sê nie, want die storie doen die praatwerk VIR jou!

Ons het ‘n hele afdeling op die Blog waar ons die mooiste stories met julle deel. Daar is letterlik een vir elke geleentheid. As jy nog nie bietjie daar gaan loer het nie, doen jouself gerus ‘n guns en gaan kyk na die besonderse stories op die Blog by die skakel hieronder:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Ek deel graag ‘n paar van my persoonlike gunstelinge met julle, omdat ek al persoonlik die effek van hierdie stories aanskou het.

Bekering:

As jy ‘n bekeringsboodskap vir kinders (of volwassenes) moet bring is die volgende stories ‘n absolute MOET:

Trek uit jou baadjie:

Hierdie is die storie van ‘n baie stout klas wat die reëls en die straf vir die klas maak. Een van die seuns steel tydens pouse een van sy klasmaats se toebroodjies en moet dan die straf vir sy oortreding kry volgens die klasreëls. Wanneer die klasmaat sien dat die seun wat die broodjies gesteel het nie ‘n hemp aanhet nie, en die armoede van die seun verstaan, besluit hy om die straf in sy plek te vat.

Hierdie storie illustreer hoe Jesus die straf vir ons sondes IN ons plek kom dra het.

Die Seun:

Die Seun is ‘n baie treffende storie van ‘n Pa en ‘n Seun wat baie lief was vir mekaar. Die Seun het tydens die Viëtnam oorlog gesterf, en die jong man wie se lewe hy gered het, het ‘n skildery van hom gemaak en vir die Pa gegee. Toe die Pa sterf, is al sy kunswerke op ‘n veiling verkoop. Die skildery van die Seun is eerste opgeveil, maar niemand wou dit koop nie. Die tuinier van die Pa maak toe ‘n aanbod van $10 op die skildery, en daarmee behoort ALLES wat die Pa besit het aan die tuinier!

Die een wat die Seun het – het ALLES! Joh 14:6 Jesus sê: Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Die sirkusnar, Dodelike albasters, Die wêreld se Top-Tiener

Die volgende 3 stories kan pragtig saam gebruik word vir ‘n bekeringsboodskap:

Kom ek verduidelik:

Die Sirkusnar Ons hoor die Evangelie, en baie mense steur hulle nie daaraan nie. Dit voel later vir hulle soos ‘n ‘grap’ wat deur ‘n sirkusnar vertel word, maar besef nie dat die boodskap gee grap is nie, maar jou lewe kan red as jy daarna luister nie.

Dodelike albasters – so hou ons op hierdie pad aan met ons sondes en die ‘lekker dinge’ wat eintlik die dodelike albasters is, maar wat ons nie besef ons dood gaan beteken nie.

Die wêreld se top-tiener – want so hou ons onsself slim soos die wêreld se top-tiener, en ons spring met ‘n rugsak uit die vliegtuig uit in plaas van met ‘n valskerm, want ons dink ons is slim. Ons neem nooit vir Jesus aan nie, en dink ons gaan veilig sonder Hom wees.

Ek hoop ek het julle bietjie aan die dink gesit om hierdie jaar so bietjie meer van stories gebruik te maak.

Volg die skakel hieronder na die stories op die Blog:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s