Kinderkerk Les: 8. Woord Studie – Gehoorsaamheid

8. gehoorsaamheid - groot

AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.

Woord Studie – Gehoorsaamheid

Hierdie is die agste les in die Kinderkerk lesreeks: Woordstudie.

Die les begin met die leer van die bewegings van die eerste elf boeke van die Nuwe Testament: Matteus, Markus, Lukas en Johannes, Handelinge, Romeine 1 en 2 Korinthiërs, Galasiërs, Efesiërs en Filippense.

Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Gehoorsaamheid.  In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.

Ysbreker 1: Simon Says

Ysbreker 2: Blinde maize

Storietyd: Die Here roep vir Abram – Die verhaal waar God vir Abram sê om te trek word gebruik om die begrip gehoorsaamheid aan die kinders te verduidelik.

Toepassing: Al mag God ons dalk nie vra om na ‘n vreemde land te trek soos Abraham nie, is daar dinge wat Hy wel vir ons vra om vir Hom te doen.  Wanneer ons mooi na God luister en gehoorsaam is, sal ons sien hoe wondelike dinge gebeur.  Ons kan deur ons gehoorsaamheid ander mense na Jesus toe lei.  Ons kan ook weet dat God ons help met die dinge wat Hy ons vra om vir Hom te doen.

Laai die les hieronder na PDF formaat af:

8. KINDERKERK LES – Woord Studie – Gehoorsaamheid

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-kinderkerk-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s