AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Gehoorsaamheid
Hierdie is die agste les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Gehoorsaamheid. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Ysbreker: Bevele van die Koning/Koningin – Party kinders is koning en koninginne vir die doeleindes vir die ysbreker, en ander die diensknegte. Die koninklikes het ‘n lys van bevele wat hulle vir die diensknegte moet gee, en dié is dan veronderstel om dit uit te voer.
Besprekings vrae:
- Hoe het dit gevoel om koning/koningin te wees?
- Hoe het dit gevoel om die dienskneg te wees?
- Wat was jou houding teenoor die koning/koningin?
- Wil God hê ons moet wees soos die koning/koningin of soos ‘n dienskneg? Verduidelik jou antwoord.
- Hoe verskil God se bevele van die koning/koningin se bevele?
- Hoe moet ons houding as diensknegte van God verskil van ons houding as diensknegte van die koning/koningin?
In hierdie les kyk ons na ‘n baie besonderse dienskneg van God – Maria, Jesus se ma. Ons leer by haar hoe om God se moeilike opdragte uit te voer.
Kleingroep bespreking:
Lees in die groepe Lukas 1:26-38 en beantwoord die vrae:
- Watter soort persoon dink julle sou God moes kies om die ma van Jesus te wees?
- Hoe dink julle het Maria gevoel toe sy uitvind wat God wou hê sy moes doen?
- As jy in Maria se skoene was, wat sou jy geantwoord het?
- Wat was Maria se antwoord?
- Hoe was Maria se reaksie soos of nie soos die diensknegte van ons ysbreker se reaksie?
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
8. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Gehoorsaamheid
Volg die skakel hieronder na ons lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/