Personeelkamer Opening: 9. Die Skoene

9. groot

Hierdie is die negende Personeelkamer Opening.

Die Skoene

Ek was vars gestort en netjies geskeer.  Ek het my mooi das nog eenkeer reggetrek  en toe vertrek.  Ek het net betyds by die kerkbank ingeskuif en wou net my oë toemaak in gebed toe  ek uit die hoek van my oog n paar skoene sien wat langs my ingeskuif het.

Ek het gesug . . . was dit nou nodig om so naby aan my te sit dat ons skoene aan mekaar geraak het?  Ek het my oë gesluit . . . ONSE Vader . . . toe onthou ek dat die Here ook sy vader is . . . Maar nog steeds ontsteld wonder ek of hy nie net sy skoene kon skoonmaak nie.  Die skoene se punte was afgekrap . . . ‘n dik laag stof het op die skoene gelê en sowaar daar was nog  ‘n gat aan die kant van die skoen.

Sekerlik het die man geen skaamte of trots nie . . . DANKIE VIR U SEËNINGE het die gebed aangegaan.  “Amen” het die paar skoene langs my hardop gesê.

Ek het so hard probeer om op die gebed te konsentreer maar elke keer het my oë gedwaal na die paar skoene langs myne. Sekerlik moet ons altyd probeer om op ons beste te lyk wanneer ons by die kerkdeure instap.  Wel sekerlik het hierdie paar skoene langs my nie baie moeite gedoen nie.

Die gebed het geëindig en die lofsange het begin. Die paar skoene langs  my het met volle oorgawe saamgesing.  Met oë gesluit en hande omhoog het die skoene uit volle bors met diep oortuiging die lofliedere aan ons Skepper geoffer.

Ek was seker dat nie net die Here nie maar die hele dorp hierdie man se lofliedere gehoor het. En toe kom die tyd vir die offergawe. Ek het n stewige bydrae ingegooi, en toe die bordjie aangegee na die skoene langs my. Daar was diep in die sakke gekrap . . . eers die een en toe die ander een en diep onder in die sak is sy bydrae uitgehaal en met ‘n helder geklink het die muntstukkie in die pragtige silwer bord geval.

Ek het gesteurd na die skoene langs my gekyk maar hy het so ‘n salige uitdrukking op sy gesig gehad. So dankbaar dat hy wel iets gehad het om te gee.

Toe was dit tyd vir die Woord.  En laat ek nou maar eerlik wees dit het my tot in my siel verveel, tot ek na die skoene langs my se gesig gekyk het.

Groot trane het by sy wange ofgerol . . . Hy het met diep aandag geluister . . . en ek het gewonder wat ek dan gemis het. Ek was so besig met die skoene en die oordeel in my hart dat ek die seëning van die Woord totaal en al gemis het.  Sy hart was vol . . . sy honger was gestil . . . en ek, ek het gewonder waarom ek dan nog so leeg gevoel het.

Toe besef ek; ek het nie soos die skoene langs my gekom met ‘n verwagting nie . . . daarom het ek niks ontvang nie en sy beker loop oor. Golwe skuldgevoel het oor my gespoel en ek het geweet die stukkende skoene het my vandag ‘n baie duur les geleer.

Dit was ons gewoonte om altyd na die diens vreemdelinge te laat welkom voel, en na die slot gebed het ek my hand na die skoene uitgesteek. Die gesig was oud en verrimpeld van baie son en weer en die hand wat myne vasvat was vol eelte.

Die skoene het na my gekyk en gesê: My naam is Charlie en ek is so bly om jou te ontmoet. Sy oë was vol hartseer en pyn. Ek kom al ‘n paar maande hier maar jy is die eerste om my te groet. Ek weet my kleredrag is nie op standaard nie, maar ek probeer baie hard om altyd op my beste te lyk, en ek politoer gereeld my skoene maar die lang stap hierheen op die stof pad laat dit altyd weer vuil en vol stof.

My hart het begin pyn en ek het swaar gesluk aan die groot knop in my keel. Ek was stil want ek het geweet as ek iets sou sê sou my woorde leeg en blikkerig klink teenoor die opregtheid van die stukkende skoene.

Ek het weer sy vereelte hand gedruk en toe met trane bely: Jy het my siel aangeraak  en vandag het jy my ‘n groot les geleer . . . dat die mooi van die mens in sy hart lê  en nie in sy blink nuwe skoene nie.

Dankie dat jou skoene vandag vir my ‘n groot les geleer het. Dat daardie vuil stukkende skoene my geleer het om anders te sing, om meer intens te luister en om altyd met ‘n verwagting te kom sodat ek vol en tevrede kan uitstap.

Toepassing:

Ek wil julle vanoggend met die volgende vraag los: hoe kyk JY na die kinders in jou klas, na die kinders se ouers? Trek jy jou neus vir hulle op omdat hulle ‘skoene nie blink nie’ en vol ‘gate’ is? Kom ons leer vandag almal iets uit hierdie pragtige verhaal.

God sê in Sy woord dat die mens na die buitekant kyk, maar God na die binnekant, na die hart van ‘n mens. Waarna kyk jy? Wat sal God by JOU kry?

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

9. PERSONEELKAMER OPENING – Die skoene

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s