Personeelkamer Opening: 10. Oor splinters en balke

10. groot

Hierdie is ons tiende Personeelkamer Opening.

Oor splinters en balke

’n Jong paartjie het nuut ingetrek in die woonbuurt. Die volgende oggend terwyl hulle besig is om ontbyt te eet, sien die jong vroutjie, deur die kombuisvenster, die buurvrou terwyl sy buite wasgoed op die draad ophang.

“Daardie wasgoed is nie baie skoon nie,” sê sy. “Sy weet nie hoe om behoorlik te was nie. Miskien moet sy ’n beter waspoeier gebruik,” Haar man het die petalje net dopgehou maar het nie ’n woord gesê nie.

Elke keer wanneer die buurvrou haar wasgoed ophang om te droog, het die jong vroutjie dieselfde aanmerkings gemaak oor die wasgoed.

Omtrent ’n maand later was die jong vroutjie uiters verbaas om te sien dat die wasgoed wat vandag op die draad is pragtig skoon vertoon. Sy sê toe aan haar man, so tussen die ontbyt deur, “Kyk, dit lyk my sy het geleer hoe om die wasgoed behoorlik te was. Ek wonder wie het haar dit geleer.”

Die man antwoord toe, “Ek weet nie maar ek het vanoggend vroeg opgestaan en ons vensters skoongemaak.”

Is dit nodig om nog iets verder te sê?

Toepassing

Mat 7:3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

Kom ons wees versigtig om te oordeel oor mense en omstandighede waarvan ons niks weet nie. Dinge is nie altyd soos dit lyk nie. Kom ons vra die Here om ons harte te gee wat werklik hoor en sien.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

10. PERSONEELKAMER OPENING – Oor splinters en balke

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s