Personeelkamer Opening: 11. Die dertig sekonde vasvra

11. groot

Hierdie is ons elfde Personeelkamer Opening.

Die dertig sekonde vasvra

Kom ons kyk vanoggend hoe goed julle algemene kennis is. Die een wat die antwoord ken kan hulle hand opsteek en die antwoord gee.

Vrae:

1.Noem die drie rykste mense in die wêreld.
2. Noem die laaste drie wenners van die Dakar tydren.
3. Noem die laaste drie wenner van die Mej. Suid-Afrika titel.
4. Noem die laaste vyf mense wat die Nobel prys vir vrede.
5. Noem die laaste vyf wenners van die Academy Awards vir beste akteur en beste aktrise.

Ek moet eerlik wees, ek ken ook nie die antwoorde op hierdie vrae nie. Die punt is, niemand van ons onthou die hoof opskrifte van gister nie. Die mense is veronderstel om die beste op hul gebied te wees, maar die applous vervaag, die toekennings raak is nie meer so blink soos gister nie. Hul sukses raak vergete.

Hier is nog ‘n paar vrae wat jy sommer by jouself kan antwoord:

Vrae:

1. Noem drie mense wat jou beïndruk het in jou vormings jare.
2. Noem drie vriende wat jou gehelp het terwyl jou nood die grootste was.
3. Noem drie mense by wie jy iets geleer het wat jou hele lewe jou sal bybly.
4. Noem vyf mense wat jou laat voel het of jy gewaardeer word en spesiaal is.
5. Noem vyf mense saam met wie jy dit geniet om tyd te spandeer.

Makliker as die eerste vasvra?

Toepassing:

Die mense in jou lewe wat ’n verskil maak, is nie die met die beste getuigskrifte, die meeste geld of die meeste toekennings nie. Hulle is die wat omgee vir jou. Jou liefhet omdat jy, jy is.

Ons as onderwysers het elke dag die geleentheid om ‘n verskil in kinders se lewens te maak. Ons het ook elke dag die geleentheid om ‘n verskil in MEKAAR se lewens te maak! Moenie wegstap of niks doen as jy ‘n verskil kan maak nie. Wees JY eendag een van die mense wat iemand sal opnoem wanneer hulle so ‘n vraelys moet invul.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder af in PDF formaat:

11. PERSONEELKAMER OPENING – Die dertig sekonde vasvra

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s