AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Boelies
Boelie gedrag is een van die groottste probleme in skole, en om hierdie rede is dit baie belangrik dat ons gereeld met ons kinders hieroor moet praat.
Hierdie les is baie prakties van aard en poog om die effek asook die oorsaak van boelie gedrag aan te spreek.
Die les begin met die illustrasie van die appel wat gegooi word om die effek van boelie gedrag te demonstreer. Die kinders gesels ‘n bietjie daaroor en speel dan ‘n speletjie om die oorsaak van boelie gedrag te probeer verduidelik.
Die voorbeeld van Daniël en sy drie vriende word gebruik om te demonstreer dat boelies ook in die Bybel se tyd voorgekom het en wat die gevolg daarvan was.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/