AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
Woord Studie – Evangelie
Hierdie is die negende les in die Sondagskool lesreeks: Woordstudie.
Die woord wat ons vandag oor gaan leer is: Evangelie. In hierdie les het ons ‘n paar dinge om ons te help om die moeilike woord beter te verduidelik en ons te help verstaan hoekom dit so belangrik vir God is.
Vir hierdie les gebruik ons die konsep van die woordelose boekie. Daar is twee lesse beskikbaar. As jy LEGO blokkies in die regte kleure het, beveel ons hierdie les aan, anders kan jy dit tweede les gebruik met gekleurde lekkers.
Die kinders kry die opdrag om bv. ‘n huis, kruis, hartjie en boom uit ‘n spesifieke kleur LEGO te maak. ‘n Deel van die Evangelie wat rondom die kleur sentreer word dan vertel. Dis ‘n heerlike les as jy LEGO blokkies daarvoor het.
Laai die lesse hieronder in PDF formaat af.
9. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Die Evangelie 1
9. SONDAGSKOOL LES – Woord Studie – Die Evangelie 2
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/woord-studie-sondagskool-lesreeks/