AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Gebedstasies: God se pad
Ons het in die eerste kwartaal Bybelkennis by ons kinders probeer vaslê. Hierdie gebedsaand was deel van ons reis gewees. Ons het van die dele wat ons reeds behandel het in hierdie gebedsaand gebruik om sekere begrippe weer vas te lê en te behandel.
- Sonde en vergifnis
- God laat alles goed uitwerk: Josef
- Laat God jou die pad wys: Die wolk en die vuurkolom
- God wil die belangrikste in jou lewe wees: Die goue kalf
Hierdie gebedsaand is ‘n goeie basis vir jou kinders, al het jy nie die lesse gedoen nie. Julle as gesin kan dit ook baie effektief oor ‘n paar aande as deel van huisgodsdiens doen.
Laai die Kinderkerk gebedsaand hieronder in PDF formaat af:
Kinderkerk Gebedstasies – God se pad
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Gebedstasies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/