AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Die 10 Gebooie
Hierdie is ‘n heerlike interaktiewe les oor Die 10 Gebooie wat julle as gesin saam as deel van Huisgodsdiens kan gebruik.
Die les begin met ‘n kort inleiding oor wat Die 10 Gebooie is. Daarna speel die kinders die “follow the leader” speletjie. Die rooi, groen en geel kleure van ‘n robot, word opgehou, en die kinders moet dan stop, stadiger beweeg of aanhou beweeg.
Die kinders gesels dan oor watter reëls daar by die huis en die skool is, en hoekom hierdie reëls daar is. Hierna word die kinders Die 10 Gebooie deur middel van bewegings geleer.
Die les sluit af met ‘n hersienings speletjie, “pass the parcel”.
Jy kan hierdie oulike liedjie van Psalty’s speel terwyl julle die “follow the leader” speletjie speel:
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – Die 10 Gebooie
Kyk gerus ook na hierdie oulike video clip van Soekie Krog oor die 10 Gebooie
Volg die skakel hieronder na ons ander Hulpbronne oor die 10 Gebooie:
Notes
LikeLike