Ek hoef nie vir iemand te vertel dat ons nie hierdie jaar Pinkster soos gewoonlik gaan hê nie. DinkJeug het ‘n baie oulike gratis Pinkersrreeks wat jy en jou gesin saam as deel van Huisgodsdiens kan doen.
Hand in Hand Pinksterreeks
Die reeks bestaan uit 8 geleenthede (Hemelvaart, Sondag tot Vrydag en Pinksterfees) en hanteer met elke geleentheid ‘n Psalm en ‘n bypassende handgebaar. Ons eindig feestelik op Pinkstersondag met al die handgebare wat saam ‘n koek bak om die verjaarsdag van die kerk te vier. Wanneer ons so saam die koek bak herinner dit ons dat ons die kerk is en dat God ons hande wil gebruik om ‘n verskil in die wêreld te maak.
Mag dit vir elke huis en gemeente tot seën wees om ook op hierdie anderste manier Pinkster te vier. Waar ons die geboorte van die kerk vier en herdenk, mag ons hoop vind in ‘n God wat ons in sy Hand vashou!
Volg die skakel hieronder na die Pinksterreeks:
Volg die skakel hieronder na ons ander Pinkster hulpbronne: