Personeelkamer Opening: 13. Ons is meer as Oorwinnaars!

13. groot

Hierdie is die dertiende Personeelkamer Opening.

Ons is meer as Oorwinnaars! 

Wanneer ons na die wêreld om ons kyk is dit maklik om negatief en depressief te raak. Watter verskil kan ONS maak? Waar gaan dit alles eindig? Gaan dit ooit eindig?

Storie:

Ek wil begin deur vir julle ‘n kort storie te vertel. Daar was eendag ‘n man wat ballonne verkoop het, die mooiste kleure… rooi, groen, blou, pienk, net watter kleur jy aan kan dink.

Elke nou en dan het die verkope van die ballonne afgeneem, dan het hy ‘n paar ballonne die lug in laat gaan en die kinders het weer in stringe by hom kom koop.

Eendag kom daar ‘n seuntjie by hom aan. Die seuntjie vra hom toe: “Oom, kan ‘n swart ballon net so hoog vlieg soos ‘n mooi geel ballon? ” Die ballonverkoper se antwoord was natuurlik ja gewees, want dis nie die kleur wat die ballon laat vlieg nie, maar wel die hellium IN die ballon.

Toepassing:

Wat het ballonne nou met die donker wêreld om ons te maak? Maak nie saak hoe donker die wêred om jou is nie, die Bybel sê dat ons as God se kinders meer as oorwinnaars is. DAAROM, al lyk en voel jou ballon swart van al die moeilikheid en swaarkry, by die skool of by die huis, met God aan jou kant, kan jy nogsteeds net so hoog vlieg soos die pragtige geel ballon. Jy kan nogsteeds ‘n verskil maak, by die skool en by jou huis waar dit dalk swaar gaan.

Jesus Christus het klaar die wêreld oorwin, en dis ons troos en ons hoop in moeilike tye. Dis waaraan ons vashou wanneer ons ballon se kleur swart begin voel. Lig vandag jou kop op en sien die HOOP raak.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

13. PERSONEELKAMER OPENING – Ons is meer as oorwinnaars

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s