Die volgende goedkoop Vadersdag geskenk.
10 Things I Love about You
Hierdie is ‘n geskenk wat jou regtig oor jou Pa sal laat dink. Anders as met die Moedersdag stel het ons net ‘n ‘blank’ stel gemaak, sodat jy jou eie goed daarop kan skryf. Indien jy nie ‘n printer het nie, is hierdie ‘n heerlike manier om ook sommer die tyd om te kry terwyl jy vir Pa briefies met die hand skryf.
Jy kan weereens baie kreatief raak met hierdie geskenk. Jy kan die 10 goed as briefies skryf en elkeen in ‘n aparte self gemaakte koevertjie sit. Jy kan ‘n leë boksie oortrek en dit daarin sit. ‘n Mooi bottel is ook ‘n oulike idee of ‘n mooi sakkie. Kyk wat jy in die huis het en raak kreatief daarmee!
Hier is ‘n idee van hoe dit lyk:
Laai die “10 Things I love about you” hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Vadersdag Hulpbronne: