Hierdie eenvoudige, goedkoop geskenkie was so gewild vir Moedersdag gewees dat ons besluit het om dit ook vir Vadersdag te maak. Hierdie geskenkie gaan jou geen geld kos nie, net ‘n bietjie tyd saam met jou kinders.
Bederf Boekie
Hierdie bederf boekie is die ideale geskenk in ‘n tyd waar geld skaars is, maar mens tog iets spesiaal vir pa wil doen. Ons het dit swart en wit gehou, ingeval jy wel nog ink in jou printer oor het. Die kinders kan dit mooi inkleur.
Indien jy NIE ink in jou printer het nie, of nie ‘n printer het nie, kan jy die voorbeeld gebruik en saam met jou kinders een vir pa maak. Ma kan self ook haar eie boekie vir manlief maak. Ons het ‘n paar oop gelos sodat jy jou eie bederfies kan inskryf.
Die idee is dat niks in hierdie boekie jou geld moet kos nie. Bederf pa met spesiale takies wat hom spesiaal sal laat voel op Vadersdag.
Hier is so paar voorbeelde van wat in die boekie is:
Laai die Bederf Boekie vir Pa hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Vadersdag Hulpbronne: