Personeelkamer Opening: 20. ‘n Pot vol lewe

20. groot

Hierdie is ons twintigste Personeelkamer Opening.

‘n Pot vol lewe

Dit is ʼn lieflike somer oggend. Ek draf vinnig by die kwekery in om ʼn kliënt se vetplantbestelling op te laai. Die pragtige groen spekboompies trek my aandag en ek fluit vir Hans om ʼn ekstra een te laai vir my tuintjie.

Later die middag is my spekboompie egter iets van die verlede. Een van die werkers het die kan diesel agter op die trokkie oopgelos en die diesel het bo-oor die spekboompie gespat. Sy blaartjies het reeds begin verkleur en die grond is papnat van die diesel.

Vies, sommer baie vies sit ek die vernielde spekboompie agter die Wendy huis waar ek hom later sal weggooi.

Dis twee weke later.

Ek soek na die blou gieter, en loer agter die Wendy huis in. My mond val oop. ʼn Klein stukkie van die dooie, diesel-deurdrenkte spekboompie het oorleef! Ek tel die potjie op en kyk na die natuurwonder.

Net een takkie van die spekboompie het gras groen gebly en is besig om nuwe blaartjies te stoot. Ek vat onmiddellik die snoeiskêr, knip die gesonde takkie af, maak ʼn pot vol kompos, gooi ʼn miswurm en ʼn ekstra erdwurm in vir geluk en plant die takkie. As hierdie plantjie so graag wil leef, verdien sy ekstra liefde en aandag.

Sommer so op my knieë, voor die blompotjie dink ek aan al die mense wat my lewe omring. Baie van ons oorleef ten spyte van die diesel wat soms op ons gemors word.

Toepassing

Ons klou vas, hou uit, stoot selfs nuwe blare in doodgaan tye. Al is die grond waar ons geplant is dood en sonder enige waarde, bly ons groen en lewendig, net soos hierdie spekboompie.

My gebed vir jou vandag is dat jy met jou oë op God gerig, sal vasbyt. Jouself  in Sy liefde omvou.

Sal aanhou dankbaar wees vir die son wat oor goed en sleg skyn.  Nooit sal ophou bid en droom van ʼn uitplantdag in beter grond nie.

Ek weet God beplan vir elkeen van ons ʼn pot met vrugbare grond en ʼn ekstra erdwurm net vir die liefde!

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

20. PERSONEELKAMER OPENING – ‘n Pot vol lewe

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s