Hierdie is ons vier en dertigste Kort boodskap, Saalopening idee.
Keuses:
Hierdie saalopening oor keuses is beskikbaar vir Laerskool sowel as Hoërskool kinders.
Albei begin met ‘n ybreker. Die Laerskool saalopening begin met die speletjie “Follow the Leader” waarmee ‘n paar vrywilligers help.
Die Hoërskool saalopening begin met ‘n paar lawwe “Would you rather” vrae. Na die ysbrekers word daar met behulp van ‘n paar vrae oor die ysbrekers en keuses gesels.
Die storie: Om reg te kies is nie altyd maklik nie, word vir die Laerskool kinders gebruik en ‘n video clip oor keuses vir die Hoërskool kinders.
Alles word saamgevat in ‘n toepassing met ‘n paar praktiese wenke oor keuses maak.
Ten laaste word daar gekyk na wat die Bybel oor die maak van keuses in Spreuke 3:5-6 sê.
Laai die saalopening les hieronder in PDF formaat af:
34. Saalopening – Keuses – Laerskool
34. Saalopening – Keuses – Hoërskool
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: